Skoolvakansie doendinge: Pret vir die hele familie in die wynland

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met ’n lekker kinderspeelplek wat veilig en naby aan die herehuis is, kan ouers met geruste harte by Nederburg kuier terwyl die kinders baljaar.
Met ’n lekker kinderspeelplek wat veilig en naby aan die herehuis is, kan ouers met geruste harte by Nederburg kuier terwyl die kinders baljaar.

Met die skoolvakansie wat amptelik begin het, is daar baie kindervriendelike plekke waar julle tyd as ’n familie kan deurbring – of waarheen jy jou kleinkinders of peetkinders kan vat as jy die kleingoed moet oppas.

Nederburg in die Paarl het vanjaar ’n rits aanbiedinge vir die jongspan wat hulle lank genoeg sal besig hou sodat die grootmense ’n lekker ontspanne besoek kan geniet.

Nie net het hulle ’n heerlike groot grasperk waar kinders oneindige vryheid kan geniet terwyl jy ’n oog oor hulle hou nie, maar ook ’n speelarea wat veilig en toegemaak is sodat jy nie oor hulle hoef te kommer nie. En as die weer nie buite speel toelaat nie, kan hulle nou binne bly met lekker doendinge soos ’n melk-en-koekie­paring.

As die weer dit toelaat kan die kinders hul pieknieks op die gras onder die skadu van die bome geniet of ouers kan versoek dat hulle dit op die stoep doen. Daar is ook speletjies op die grasperk soos jenga en by die speelarea is daar onder meer ’n klimraam, ritslyn (“zip line)” en swaaie.

Die kinders kan uitsien na die melk-en-koekie-paring (R95) waar drie gegeurde glase melk met drie koekies bedien word.Daar is ook twee piekniek-opsies om van te kies: The Manor (R120) of The Marvel (R205) wat elk hoenderrepies en tjips bevat asook ’n verskeidenheid van ander lekkernye.

Die restaurant se gewone spyskaart bevat ook disse vir kinders soos die hoenderrepies en tjips, macaroni-en-kaas en selfs ’n ontbyt (R65 of R70 per ete).

As jy dalk ’n verjaardagpartytjie moet beplan vanjaar, bied hulle vir ses of meer kinders partytjiebokse en ’n werkswinkel waar die jongspan kolwyntjies kan versier.

  • The Manor House is heelweek oop tot 16:00 en ontbyt word tot 11:30 be­dien.
  • Besoek nederburg.com/the-manor-restaurant/ vir meer inligting of skakel 021 862 3104 vir meer inligting. Vooraf bespreking vir tafels en kinderaktiwiteite is belangrik om teleurstelling te voorkom.

Geborg deur:

Le Pommier

Le Pommier
Bring die kleinspan vir ’n sap-en-pizza-paring of gegeurde melk-en-soetverrassing-paring by Le Pommier.

Le Pommier-wynlandgoed is net buite Stellenbosch op die Helshoogtepas na Franschhoek geleë. Die gesinsvriendelike wynplaas spog met manjifieke berguitsigte. Dit bied ’n restaurant, verskeie verblyfopsies (ook selfsorgeenhede), ’n wynproearea en ’n funksielokaal. Daar is ook ’n plattelandse styl-wingerdskuur vir funksies en troues wat uitkyk op die wingerde en skilderagtige Simonsberge. Le Pommier-wynlandgoed het ’n gerieflike kindervriendelike restaurant vir eet en speel! Kinders kan ’n keuse van 2 parings geniet terwyl die volwassenes rustig eet of wynparing doen.

•Sap-en-pizza-paring teen R75 per kind

•Gegeurde melk-en-soet verrassing-paring teen R75 per kind

Kontak ons vandag www.lepommier.co.za

Perdeberg

Die koekie-en-melkie-paringaktiwiteit vir kinders wat wag by Perdeberg-wynkelder.

Net betyds vir die Junie/Julie-skoolvakansie, bied Perdeberg Kelder ’n kreatiewe koekie-en-melkie-paringaktiwiteit vir kinders teen slegs R80 per kind.

Die paringaktiwiteit sluit in drie smullekker koekies, voorbereide versiersuiker in ’n sakkie om aan te wend en te versier soos hul hartjies begeer tesame met heerlike versierings soos klein smarties, Astros en strooisel om hul eie koekiemeesterstuk te maak! Daarmee word drie gegeurde melkies gepaar om die ervaring kleurvol en prettig af te rond dat selfs Sid, die koekiemonster, dit onweerstaanbaar sal vind!

Voltooi jul uitstappie na Perdeberg met ’n ontbyt of middagete by Eat@Perdeberg restaurant terwyl die kinders buite baljaar en op die klimraam speel.

Besprekings kan gemaak word deur gebruik te maak van Dineplan, ’n e-pos te stuur na tasting@perdeberg.co.za of skakel 021 869 1094. Besoek ook perdeberg.co.za.

Van Loveren

Van Loveren bied ook verskeie alkoholvrye parings vir die kinders om te geniet.

Besoek Suid-Afrika se toonaangewende familie wynkelder en wandel deur ons pragtuin waar elke boom sy eie unieke storie vertel. Geniet ontbyt of middagete by Christina’s Bistro of daag jou maat vir ‘n potjie skaak op ons groot skaakstel. Kies uit ‘n verskeidenheid kos- en wynparings soos; sjokolade en wyn, kaas en wyn, vleis en wyn, macaroons, kolwyntjies en wyn, en selfs ‘n alkoholvrye opsie, ideaal vir kinders. Kinders kan ook ons warm sjokolade met klein malvalekkers geniet en daar is ‘n volwasse opsie vir ma en pa met ons Rooi Muskadel en warm sjokalade drankie.

Rolstoel vriendelik, toerbusse welkom, staproetes, kelder- en tuin toere, MTB roetes en voëlkyk.

Indien jy nie jou gunsteling wynplaas die vakansie kan besoek nie, geniet tenminste jou gunsteling wyn. Koop aanlyn nou en kry jou wyn afgelewer in 3 – 5 dae: www.vanloveren.co.za/online-store

Koelenhof

Neem jou kleingoed na Koelenhof se “KOEL-tainer” en speelpark vir hope pret en vermaak.

Koelenhof se “KOEL-tainer” en speelpark bied ure se vermaak vir die hele gesin. Die speelpark het verskeie plekke waar kinders tussen die ouderdom van een tot 13 kan speel. Ingangsfooi vir die speelpark is R40 per kind en dit is gratis vir volwassenes. ’n Verskeidenheid eet- en drinkgoed is beskikbaar vir aankope by die deli-styl KOELtainer.

Geniet ’n bottel wyn van hul Koelenhof-, Koelenbosch- of Stellenbosch Gold-reeks, vars gebraaide roosterkoek, kaasborde, snoephappies vir die kinders, roomys, koffie, en nog vele meer. Daar is iets vir die hele gesin.

Hulle is Maandae tot Donderdae van 09:00 tot 16:30 oop, Vrydae van 09:00 tot 16:00, Saterdae en openbare vakansiedae van 10:00 tot 16:00, en Sondae is hulle toe. Vir meer inligting, besoek www.koelenhof.co.za/koel-tainer/.

Zevenwacht

Zevenwacht-wynlandgoed het heerlike vermaak vir jou kinders tydens die skoolvakansie.

Zevenwacht-wynlandgoed op die Stellenbosch-wynroete bied ’n verskeidenheid prettige aktiwiteite om kinders hierdie skoolvakansie te vermaak.

Terwyl jy die ontspanne atmosfeer van hul wynproelokaal geniet en Zevenwacht se heerlike wyne op die proef stel, kan die kinders smul aan ’n spesiale paring van druiwesap en sjokolade. Dit word op ’n swartbord voorgesit saam met seepbelle wat hulle buite kan gaan blaas.

Wanneer jy aansit by die restaurant, het jy toegang tot die klimrame in die speelparkie. Gaan stap gerus ook saam met die kinders op een van drie staproetes om van daardie oortollige energie ontslae te raak.

Besoek www.zevenwacht.co.za om meer uit te vind.

besig om te laai... Regstreeks
Ireland 0
Afghanistan 82/0
Rand - Dollar
16.23
+0.1%
Rand - Pond
19.68
+0.7%
Rand - Euro
16.63
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,792.69
+0.2%
Silwer
20.50
+1.0%
Palladium
2,241.18
-2.1%
Platinum
955.50
-0.6%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
64,063
-0.9%
Alle aandele
70,801
-0.7%
Hulpbronne 10
64,131
-2.6%
Industriële 25
86,640
-0.5%
Finansiële 15
16,082
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos