Die goeie verkope van Herman Lensing se sesde kookboek, Huiskos, is nie aan hom te wyte nie, maar dit is danksy sy resepte, sê dié TV-sjef.
Huiskos het volgens Nielsen BookData in die week van 15 tot 21 November die topverkoper van alle Afrikaanse boeke geword nadat dit maar op 12 November vir die eerste keer op die rakke beskikbaar was.
Huiskos volg op Lensing se uiters suksesvolle boek Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het en in 2020 deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek benoem is.