Vlak 4-inperkings ingevolge waarvan restaurante nie aansit-etes mag bedien nie, het nie die vindingrykheid van ’n restaurant in Vaalpark, Sasolburg, in die wiele ry nie.
Gert Janse van Rensburg, eienaar van The Bar With No Name, het ’n inryteater met wegneemetes in die restaurant se reuseparkeerterrein ingerig.
Klante kon Saterdagaand gratis na die nuwe weergawe van The Lion King kyk terwyl hulle weglê aan heerlike wegneemetes in hul eie voertuig.