Wynland se unieke terroir vereer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Daar is geen twyfel aan die unieke en spesiale terroir van die Kaapse wynland nie, en dit is weer eens bewys met al die terreine wat tydens die 16de Novare SA Terroir-wynkompetisie verteenwoordig is.

Vanjaar se nasionale wenners kom uit al 17 terreine van die Kaapse wynland – ’n teken dat die land se terroir (wynterreine) danksy goeie grond en klimaat, topgehalte wyne in verskeie style lewer.

Al die wenners van vanjaar se SA Terroir-wynkompetisie. Op die foto is (van links na regs) Ola Leepile (uitvoerende hoof: Novare), Nicholas Husselman (Novare-trofee vir die Top-enkelwingerdwyn), Christo Pienaar (voorsitter van SA Nasionale Wynskouvereniging), Elbert Burger (Novare-trofee vir die SA Terroir-topwynlandgoed én Novare-trofee vir die SA Terroir-topprodusent), Kobie Viljoen (Novare-trofee vir die SA Terroir-topwyn), Derrick Roper (stigter van Novare), en Johnny Calitz en Stander Maass (Novare-trofee vir die SA Terroir-top-area). Foto: Verskaf

Die vyf trofeë en nasionale wenners se sertifikate is verlede Woensdag tydens ’n middagete by die sjef Bertus Basson se Overture Restaurant in Hidden Valley oorhandig.

Vir die SA Terroir-wynkompetisie kan slegs wyne ingeskryf word wat gesertifiseer is as enkelwingerdwyn, landgoed-geproduseerde wyn, en wyn uit ’n wyk of ’n distrik wat nie in meer as een wyk verdeel is nie. Daar is bykans 300 wyne vanjaar vir die kompetisie ingeskryf.

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit Jeff Grier (voorsitter), Elunda Basson, Samantha de Morney, Carl Schultz en Anton Swarts.

Die beoordelaars moes volgens streng Covid-19-protokolle beoordeel, wat die volgende maatreëls ingesluit het: ’n Vorm vir keuring wat deur almal aanlyn voltooi moes word, ’n ten volle gesteriliseerde osoon-behandelde beoordelingsaal, temperatuur-keuring en handsanitasie by aankoms, verpligte gesigmaskers en die handhaaf van ’n veilige afstand van 2 m tussen beoordelaars, skoon glase vir elke ronde wyne en alle glase en koffiebekers wat in ’n spesiale skottelgoedmasjien teen 80 °C gewas word.

Die Gesertifiseerde Erfenis-wingerdwyn-wenners saam met (van links) Andre Morgenthal (projekbestuurder van Erfenis Wingerde), Ola Leepile (Novare), Nicholas Husselman (Koelenhof, chenin blanc), Ryan Puttick (Old Wine Co, semillon), Kobie Viljoen (Villion Familie Wingerde, chenin blanc), Johannes Mellet (Klawer, muscat d’alexandrie) en Derrick Roper (Novare). Foto: Verskaf

Meer oor die wenners

Vanjaar het veral chenin blanc baie goed presteer. Nie net is dit die druifsoort wat die meeste in die land aangeplant word nie, maar dit aard ook baie goed in die Suid-Afrikaanse klimaat en terroir. Tesame met cabernet sauvignon, shiraz, chardonnay en sauvignon blanc, is chenin blanc een van die druifsoorte wat vanjaar die meeste inskrywings ontvang het. Boonop het dit ook twee trofeë ingepalm.

Dit was ook die derde keer dat daar ’n trofee vir die algehele wenwyn oorhandig is, en die Villion Henning Chenin Blanc 2020 het vanjaar die trofee ontvang. Dié wyn is ’n gesertifiseerde Erfeniswingerd-wyn van oorsprong uit die Botrivier-wyk in Walkerbaai.

Die trofee vir die SA Terroir-top-enkelwingerdwyn is óók aan ’n chenin blanc toegeken – die Koelenhof Stellenbosch 1679 Bush Vine Chenin Blanc 2019.

Die aanbieders van die Novare SA Terroir-wynkompetisie is die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV). Hier is Bennie Howard (links) en Christo Pienaar (regs) van die SANWSV saam met Derrick Roper van Novare, borg van die kompetisie sedert die ontstaan daarvan 16 jaar gelede. Foto: Verskaf

Ander trofeewenners was Rietvallei, wat die trofee vir die SA Terroir-topwynlandgoed én SA Terroir-topprodusent gekry het. Hulle het vanjaar die nasionale wenners vir sauvignon blanc en chenin blanc opgelewer en vyf wenners van al die terroir-wyne uit die Robertson-distrik vir hul chenin blanc, cabernet franc, muskadel, sauvignon blanc en rooi versnit.

Vir die tweede keer het die Simonsberg-Paarl-wyk in die Paarl die trofee vir die Top-terroir-area gekry. Hierdie trofee gaan vir ’n spesifieke grond- en klimaats­terrein wat die meeste presterende wyne oplewer. Die wyne van Anura, Glen Carlou, Mitre’s Edge, Mt Vernon en Plaisir de Merle het die trofee vir die area besorg.

’n Goeie vennootskap

Ola Leepile, die uitvoerende hoofbestuurder van Novare, sê hulle is baie trots om in vennootskap met die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV) te wees en om hul borgskap vir die kompetisie voort te sit.

“In lyn met Novare se filosofie van strewe na uitnemendheid, erken die pryse uitmuntende gehalte wat die beste wyn binne ’n area, streek of oorsprong beklemtoon.

Die Novare SA Terroir-topwyn van 2021 se wenner is Kobie Viljoen met sy Villion Henning Chenin Blanc 2020, saam met Derrick Roper. Foto: Verskaf
Die sakeman Joe Letswalo saam met Derrick Roper van Novare. Foto: Verskaf
Die Kaapse wynmeester Jeff Grier van Villiera was die voorsitter van die beoordelaarspaneel. Foto: Verskaf
Elsabe Ferreira (SANWSV), die sjef Bertus Basson (Overture), Marina Roper (Novare) en Christo Pienaar (SANWSV) by die geleentheid. Foto: Verskaf
Die Novare-span Ayanda Raziya, Pierre Groenewald, Marina Roper en Ola Leepile klink ’n glasie op die wenners. Foto: Verskaf

“Die toename in die getal nuwe wingerde wat jaarliks vir die kompetisie inskryf, demonstreer die belang van hierdie bekroning binne die bedryf – waar voorste wynmakerye teen mekaar kan meeding en deel wees van hierdie spesifieke platform om hul uitstaande wyne te vertoon,” sê Leepile.

Die SANWSV, wat die kompetisie reël, se voorsitter, Christo Pienaar, sê: “Suid-Afrika is een van die min wynlande ter wêreld met ’n afbakeningskomitee van ’n wyn-en-spiritusraad wat terreine analiseer en as eiesoortig identifiseer. Wyne van spesifieke oorsprong kan gesertifiseer word en dit word so op die etiket aangedui.

“Dit bring die ongelooflike ontdekking van al die karaktervolle wyne met goeie struktuur wat oral in ons wynland geskep word. Die grond en klimaat word ten volle deur die wynboukundiges benut.”


2021 Novare SA Terroir-wenners

Trofeewenners

  • Novare-trofee vir SA Terroir-topwynlandgoed: Rietvallei-landgoed
  • Novare-trofee vir SA Terroir-topprodusent: Rietvallei-landgoed
  • Novare-trofee vir SA Terroir-top-enkelwingerdwyn: Koelenhof Stellenbosch 1679 Bush Vine Chenin Blanc 2019
  • Novare-trofee vir SA Terroir-top-area: Simonsberg-Paarl-wyk
  • Novare-trofee vir SA Terroir-topwyn: Villion Henning Chenin Blanc 2020

Nasionale wenners

  • Cabernet Franc: Ondine Cabernet Franc 2015
  • Cabernet Sauvignon: Glen Carlou Gravel Quarry Cabernet Sauvignon 2018
  • Kaapse Styl Port: De Krans Cape Vintage Reserve 2018
  • Gesertifiseerde Erfeniswingerd-wyn: Villion Henning Chenin Blanc 2020
  • Chardonnay: De Grendel Op die Berg Chardonnay 2020
  • Chenin Blanc: Rietvallei Chenin Blanc 2020
  • Cinsaut: Kaapzicht Skuinsberg Cinsaut 2020
  • Colombar: Bon Courage André’s Fame Colombard 2021
  • Gewürztraminer: Neethlingshof Estate Gewürztraminer 2020
  • Grenache: Lynx Grenache 2019
  • Malbec: Benguela Cove Estate Malbec 2019
  • Cap Classique: Benguela Cove Joie de Vivre Brut 2017
  • Merlot: Lanzerac Merlot 2019
  • Muskadel: Nuy Rooi Muskadel 2010
  • Edellaatoes: Bon Courage NHL 2018
  • Petit Verdot: Le Bonheur Petit Verdot Reserve 2019
  • Petite Sirah: Mischa Reserve Petite Sirah 2020
  • Pinot Noir: Old Road Wine Co. Elgin Pinot Noir 2019
  • Pinotage: Groot Constantia Pinotage 2019
  • Rooi Versnitwyn: Saronsberg Full Circle 2019
  • Riesling: Nitida Riesling 2020
  • Rosé: Stettyn Family Vineyards Chardonnay/Pinot Noir 2021
  • Roussanne: Mischa Estate Roussanne 2021
  • Sangiovese: Anura Signature Sangiovese 2016
  • Sauvignon Blanc: Rietvallei Estéanna Sauvignon Blanc 2020
  • Sémillon: Old Road Wine Co. Grand Mare Sémillon 2018
  • Shiraz: Saronsberg Shiraz 2019
  • Strooiwyn: Villa Esposto Straw Wine 2019
  • Tannat: Piekenierskloof Tannat 2020
  • Tempranillo: Baleia Tempranillo 2019
  • Viognier: Deetlefs Signature Viognier 2019
  • Wit Kultivar Versnit: Nitida Coronata Integration 2018

Geborg deur:

Neethlingshof

Neethlingshof
Neethlingshof Estate Gewürztraminer 2020.

Die Neethlingshof Gewürztraminer is weer aangewys as nasionale wenner by vanjaar se Novare SA Terroir-wynkompetisie. Slegs wyne wat gesertifiseer is as enkelwingerdwyn en op ’n landgoed geproduseer is, is beoordeel.

Die goeie vertoning van Neethlingshof Estate Gewürztraminer 2020 asook die Neethlingshof Estate Sauvignon Blanc 2021 en die NLH The Maria 2019 wat toekennings gekry het as streekswenners, is weer ’n bewys van die passie en toewyding wat gegaan het in die maak van hierdie topgehaltewyne asook ’n weerspieëling van die besonderse terroir op die landgoed.

Die Neethlingshof Gewürztraminer is ’n prikkelende droë wyn met aromatiese geure van Turkish Delight en kamperfoelie, met lietsjie- en kiwi-eienskappe op die palet.

Die wyn is aanlyn te koop of direk van die landgoed.

Vir meer inligting, besoek die webtuiste by neethlingshof.co.za.

Rietvallei

Rietvallei
Rietvallei se wynmaker Elbert Burger met die trofeë vir SA Terroir-topwynlandgoed en -topprodusent.
Rietvallei
Estéanna Sauvignon Blanc 2020
Rietvallei
Rietvallei Chenin Blanc 2020

Rietvallei Wynlandgoed het uitgetroon by die pas afgelope Novare SA Terroir-kompetisie deur beide die trofeë vir SA Terroir-topwynlandgoed en -topprodusent in te palm. Sodoende het hierdie familielandgoed nie net sy unieke terrein-eienskappe vir wynproduksie bevestig nie, maar so ook Robertson-distrik se groeiende statuur as oorsprong van voortreflike wyn.

Rietvallei is ook aangewys as nasionale wenner in die sauvignon blanc- en chenin blanc-kategorieë – die land se mees mededingende en mees aangeplante witwyn-druifsoorte, asook bron van die gewildste druifsoortwyne in die land.

Om dit alles te kroon, het die landgoed ook by SA Terroir koning gekraai in verskeie Robertson Distrik-kategorieë, naamlik: cabernet franc (JMB Cabernet Franc 2016), rooi versnitwyn (Rietvallei Estate 2016), sauvignon blanc (Estéanna Sauvignon Blanc 2020), chenin blanc (Rietvallei Chenin Blanc 2020) en muskadel (Rietvallei Muskadel 2018).

Rietvallei se nasionale wenners is Estéanna Sauvignon Blanc 2020 en Chenin Blanc 2020 – beide vatgegis en met oordeelkundige houtkontak berei.

Vir meer inligting, besoek die webtuiste by rietvallei.co.za

Mischa Estate

Mischa Estate
Mischa Estate

In die hartjie van die VoorGroenberg-streek van Wellington, is Mischa Estate geleë Z ’n veelbekroonde boetiekwynlandgoed. Met druiwe wat gegroei word op stokoue grond, is Mischa Estate een van die eerste landgoedere in Suid-Afrika wat self hul wingerde groei en bewerk om handgemaakte wyne van hierdie wingerde te skep.

Met wyn wat heeltemal met die hand gemaak is deur wynmaker Andrew Barns, los Mischa Estate geen wynliefhebber agter nie.

Hulle bied vier wynstyle om van te kies, daarom word Mischa Estate erken as een die top-boetiekwynplase in Suid-Afrika.

Mischa Estate se wyne het op ’n volgehoue basis eerbewyse ontvang, soos toppunte van Robert Parker en John Platter en ’n trofee vir die beste bordeaux-mengsel in Suid-Afrika by die Michelangelo-toekennings. Hulle is verskeie opeenvolgende jare aangewys as die nasionale wenners in die kategorie vir roussanne en petite sirah by die Novare SA Terroir-wynkompetisie.

Vir meer inligting, besoek gerus www.mischaestate.com

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos