As jy hierdie wynplaas in Simondium op die R45 besoek, sal dit voel of jy in ’n ander deel van die land gaan kuier. Nie net is daar ongelooflike uitsigte en mooi tuine om die oë te bederf nie, maar die atmosfeer is ook rustig en kalmerend. Dit tesame met die lekker wyn is ’n wenkombinasie.
Hierdie wynplaas, wat vroeg vanjaar oorgeneem is deur die Jordaan-familie van Bartinney, is reeds ’n bestemming wat jy moet besoek, maar die familie en bestuurspan beplan nog baie meer vir die toekoms.
Kuier in die proelokaal