Bekende sjefs vanuit die Stellenbosch-kontrei het kragte saamgesnoer en ’n sopkombuis begin wat nou meer as 20 000 heilsame porsies sop per week aan plaaslike gemeenskappe gee.
Die projek staan bekend as die Tasting Stellenbosch-inisiatief, waar verskeie restaurateurs en wynprodusente saamwerk.
Die Tasting Stellenbosch-inisiatief werk saam met Stellenbosch Unite, 'n hulpprojek. Albei inisiatiewe is deel van die amptelike toerisme-organisasie Visit Stellenbosch, maar Stellenbosch Unite word deur die Stellenbosch-ontwikkelingstrust geadministreer.