Misdadigers is nie al wat die polisie kan vang nie.
Drie lede van die polisie in Port Elizabeth het die afgelope naweek gehelp toe ’n vrou in kraam dringend hulp moes kry.
Die drie polisielede van Bethelsdorp, ao. Riaan Tesnar, sers. Tebogo Makombe en konst. Luwando Tsiu, se Sondag-patrollie is omstreeks 18:50 onderbreek deur twee histeriese vroue wat hulle in ’n straat in die Greenfields- informele nedersetting voorgekeer het. Hulle het die polisiebeamptes ingelig oor ’n vrou in kraam wat hulp nodig het.