Net soos wat die toptien-finaliste in die Mej. SA-kompetisie van oor die hele land kom, is die nege ontwerpers wat hul uitrustings vir die kroningsaand maak, ook van ’n rits stede en provinsies afkomstig.
Die ontwerpers bring hul skeppings van Durban, Klerksdorp, Tshwane en Johannesburg na Kaapstad vir die glansryke kroningsgeleentheid wat op Saterdag 24 Oktober in die Waterfront gehou word.
“Vanjaar is van die beste ontwerpers in die land deel van die program, en dit sal wys hoe sterk ons ??ontwerpersbedryf is,” sê kreatiewe direkteur van die Mej. SA-kompetisie, Werner Wessels, wat ook as die ster van die TV-program Die Kroonprins bekend is.