Hou só ’n lekker braai aanlyn

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Baie mense is nog skrikkerig om oor en weer te kuier as gevolg van die wisselvallige Covid-19-syfers.

Heelwat van ons lesers het toegang tot die internet, so waarom nie hierdie Erfenisdag, oftewel Braaidag, “aanlyn” braai nie? Jy doen dit in die gemak en veiligheid van jou eie huis en kan steeds saam met vriende en familie, selfs dié wat oorsee is, kuier.

Die regte tema en internetlyn, sal ’n suksesvolle aanlynbraai verseker. Foto: ISTOCK


KIES 'N TEMA

Sanette van Rensburg van Berry & Flambé, ’n maatskappy wat spesialiseer in pasgemaakte dekor vir enige geleentheid, sê hierdie temas kan gebruik word vir jul virtuele braai.

  • Hout. Dis ’n tema wat baie prettig kan wees. Al die kos moet op hout gaargemaak en bedien word. Vul houtborde met peuselhappies of sosatiestokkies. Selfs die slaai kan op stokkies ingeryg word of elkeen kan sy/haar eie stokkie kry en daarmee eet. Elkeen kan ook iets van hout dra, soos oorbelle, armbande, klompe, horlosies, brille, ensovoorts.
  • Lente of blomme. Ná die lang winter is dit sommer net ’n lekker tema om mee te speel. Almal trek vrolik en blomryk aan. Die kos en bediening kan blomme by die slaai en as versiering insluit. Dink ook “tropies”, soos vrolike kelkies, pynappels en kokosneute.
  • Musiek. Elke gas moet ’n tuisgemaakte musiekinstrument van afvalmateriaal maak wat hulle op die dag moet kan speel, soos fluite wat van strooitjies of tromme wat van blikkies gemaak is. Elkeen kry dan ook aanlyn ’n beurt om sy musiekinstrument te speel. Elke gas kan selfs aantrek soos hul gunstelingmusikant, byvoorbeeld David Kramer, Pink of Elvis Presley.
  • Groen. Hierdie tema gaan oor herwinbaarheid en artikels wat weer gebruik kan word. Alles op die aand kan bedien word uit herwinde houers en bokse. Jy kan selfs voorstel dat almal sover moontlik kos uit hul tuine gebruik (indien hulle tuine het), soos groente en vrugte. Almal kan ’n kledingstuk uit herwinde materiaal maak en dit op die aand dra, soos hoede of hemde van plastiek.
  • Vier kultuur. Elke persoon trek klere aan wat iets tradisioneel uitbeeld, byvoorbeeld Skotse kilts, Indiese sari’s of leervelle. Hierdie tema kan oor enige tradisionele kultuur wees. Elke huisgesin kan ook sy eie een kies en dan die kos daarvolgens voorberei, soos byvoorbeeld Mexikaans, Indies, Suid-Afrikaans of Chinees.

Foto: Shutterstock
Foto: Shutterstock

BEPLANNING IS NOODSAAKLIK

Omdat ’n virtuele braai vinnig onpersoonlik kan raak, is nog ’n oulike idee om steeds ’n gasvrou of -heer te kies.

“Ten opsigte van die gasvrou of -heer, voel ek die persoon wat die dag reël, moet die tema en geskenkies kan bepaal,” sê Sanette. “Dit is egter moeilik om ’n Braaidag wat aanlyn plaasvind, te laat vloei rondom ’n persoon wat dit aanbied. Ek voel almal moet die braai net geniet – en dit moet interaktief wees sonder dat iemand die vloei daarvan bepaal. Andersins kan dit maklik te formeel raak aangesien dit aanlyn gebeur en mense belangstelling kan verloor.”

GESKENKE

Nog ’n oulike idee om dinge ’n bietjie interessanter te maak en te hou, is om geskenkies vooraf of op die dag te laat aflewer.

Sanette sê jy kan hierdie geskenkies gee volgens die verskillende temas:

  • Hout. Die gasvrou of -heer kan vir elke gesin ’n bondeltjie hout opmaak met ’n mooi kaartjie of iets ouliks soos ’n gegraveerde houtsleutelhouer. Selfs ’n houtboksie gevul met braaigoed kan ’n goeie geskenk wees.
  • Lente of blomme. Die gasvrou kan vir almal Hawaise leis stuur om te dra. ’n Ander opsie is groot gekleurde sonbrille.
  • Musiek. Die gasvrou of -heer kan vir elkeen ’n aanlyngeskenkbewys stuur om musiek af te laai, of ’n USB-stokkie gee met lekker musiek vir die braai.
  • Groen tema. As geskenkidee kan die gasvrou of -heer vir almal groentesaadjies in ’n houer stuur om in hul tuin te plant.
  • Vier kultuur. Die gasvrou of -heer kan vir elke gesin dalk ’n kulturele resepteboek stuur waaruit hulle resepte kan kies vir die braai.

Jy het nou die tema asook die geskenkidee, maar hoe gaan jy jou aanlynbraai hou?

TEGNIESE ASPEK

Video-oproepe is die beste manier om met groot groepe mense te gesels, veral tydens virtuele etes. As jy nie so tegnologies skerp is nie, is hier ’n paar mediaplatforms wat jy kan gebruik om met almal te gesels:

  • WhatsApp, Zoom, Skype of FaceTime;
  • ’n Goeie gratis diens waartoe baie waarskynlik reeds toegang het, is Facebook Messenger se videoklets, wat jou toelaat om tot ses mense in ’n video-oproep te sien (die perk is 50 mense per video-oproep).
  • ’n Ander goeie opsie is Houseparty – die naam sê alles.

Bykomende bron: www.householdplastic.co.za/why-not-have-a-lockdown-braai/.


GEBORG

Perdeberg

Perdeberg

Bederf die hele familie met ’n opregte Erfenisdag-ervaring in die wynland en ontdek die Huis van Chenin Blanc™, Perdeberg-kelder! Geleë aan die voetheuwels van die Paardeberg een van die mooiste wyngebiede aan die Kaap, bied Perdeberg ’n reeks opsies vir Braaidag-feesviering by hul restaurant en proelokaal wat jou sal motiveer om met wonderlike wynaankope weg te stap! 

Geniet die sonskyn buite met ’n braaipiekniek vir twee, of ’n smaaklike braaibord voorberei deur Sjef Rob Hahn van Eat @ Perdeberg.

Ander alternatiewe geregte soos pregorolletjies met koolslaai of pizza uit ’n houtoond sal ook beskikbaar wees. En vir die jong klomp heerlike boereworsrolletjies en lekker speelplek buite met ’n klimraam en grasperk waar hulle kan baljaar. Met die omliggende, prentjiemooi uitsig as agtergrond, skep Perdeberg die ideale geleentheid vir ’n familiedag in die wynland.

Met die onvoorspelbare Kaapse weer is genoeg sitplek binne beskikbaar in die restaurant en proelokaal om steeds hierdie smullekker aanbiedinge en ander kos- en wynparings, soos ’n sjokolade-en-wynparing, te kan geniet.

Vir meer inligting of om ’n bespreking te maak, besoek www.perdeberg.co.za/restaurant, stuur e-pos na dine@perdeberg.co.za vir die restaurant of tasting@perdeberg.co.za vir die proelokaal, of skakel 021 869 8244.


Darling Brew

Darling Brew

Darling Brew is 'n mikro-brouery geleë aan die Weskus, waar ’n verskeidenheid boetiekbiere op ekologies-volhoubare wyse gebrou word. Die span agter hierdie trots Suid-Afrikaanse handelsmerk maak deesdae skoonskip op die plaaslike en internasionale kompetisie-front.

Onlangs is Darling Brew bekroon as die top-boetiekbierbrouery soos verkies deur Kfm 94.5 se luisteraars tydens die Best of the Cape-toekennings, en ook vereer deur die African Beer Cup, en LUXlife Food & Drinks Awards 2021. 

Kry 10% afslag op Darling Brew 4x4 Braai PA deur aankope te maak by www.darlingbrew.co.za en die promosie-kode "BesteBier10" in te pons by die aanlyn-betaalpunt. Bepalings en voorwaardes geld. Die promosie-kode is slegs geldig tot middernag op 31 Oktober 2021. Gebruik hierdie skakel om die promosie-kode outomaties te aktiveer: www.darlingbrew.co.za/discount/BesteBier10

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.45
+0.8%
Rand - Pond
19.96
+0.6%
Rand - Euro
16.82
+0.7%
Rand - Aus dollar
10.85
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,784.57
+0.9%
Silwer
24.35
+2.9%
Palladium
2,076.12
-1.5%
Platinum
1,053.48
+1.1%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,348
+0.3%
Alle aandele
66,895
+0.2%
Hulpbronne 10
63,203
-0.1%
Industriële 25
85,486
+0.6%
Finansiële 15
14,008
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos