Die vier eerste rondes se beoordelaars vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie is Dinsdag aangekondig.
Hulle is die radio- en televisiepersoonlikheid Anele Mdoda, Adè van Heerden, Liesl Laurie en Bokang Montjane-Tshabalala. Van Heerden (2017), Laurie (2015) en Montjane-Tshabalala (2010) het almal al die kroon in die glansryke kompetisie gedra.
Die vier beoordelaars gaan tans deur meer as 2 500 inskrywings – ’n rekordgetal vir die kompetisie – waaruit hulle 35 deelnemers sal kies wat dan aan virtuele onderhoude sal deelneem voordat die top-16 aangekondig word.