’n Jare lange ondersteuner van die Beeld-Kinderfonds wat net as Joep bekend wil staan, daag weer Beeld-lesers uit om hul beursie en hart vir kinders in nood oop te maak.
“Hy het onderneem om, soos vorige jare, dieselfde bedrag te skenk as wat die Beeld-Kinderfonds tussen 25 Januarie en 3 Februarie 2023 kan insamel,” sê Adrie van Staden, uitvoerende hoof van die Beeld-Kinderfonds.
“As jy dus R100 gee, sal hy ook R100 gee. As die totale bydraes oor die tydperk byvoorbeeld R10 000 is, sal hy ook R10 000 skenk.