Onderwyskenners dink nie kinders gaan gou weer die binnekant van ’n klaskamer sien nie.
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand reeds die inperkingstydperk met ’n verdere twee weke tot einde April verleng, maar dit beteken geensins dat skole dan saam met die res van die land gaan open nie.
Vakbonde en raadgewende instellings vergader volgende week met Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, oor die pad vorentoe.