Die oorspronklike argitekstekeninge van die Voortrekkermonument deur Gerard Moerdijk kry nou ná 80 jaar ’n ewige rusplek.
Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting, sê in ’n verklaring Lance Rodger, wie se pa saam met Moerdijk gewerk het, het hande gevat met die monument en meer as 40 van die oorspronklike tekeninge aan die monument gegee.
Die tekeninge kom van 1937, ’n jaar voordat die hoeksteen van die monument gelê is, tot 1949 toe die monument geopen is.