Sy onthou die skip wat haar en 88 ander Duitse weeskinders kort ná die Tweede Wêreldoorlog na Suid-Afrika gebring het.
Marion du Toit (75), ’n inwoner van Ons Tuis: Andries-Marie Oosthuizen in Parys, sê dit is ’n deel van die geskiedenis van ons land waarvan min mense weet of waaroor niemand praat nie.
Almal het haar as tweejarige meisie rondgedra toe hulle op 8 September 1948 voet aan wal in Kaapstad gesit het.