Herman Odendaal (12) sou heel waarskynlik nou al langer as sy ma gewees het en ’n groter nommer skoen gedra het, sê sy ma, Arina.
Dit was Maandag ’n jaar sedert Herman sy eie lewe in hul huis in Kestell in die Vrystaat geneem het nadat hy ’n geruime tyd geboelie is.
Sy dood voel steeds onwerklik, sê sy.