Hy voel goed en sterk, maar die enigste nadeel is dat sy Ouma-beskuit nou op is.
So sê Sue Parker-Smith, mediabestuurder van die Kaapse avonturier, Zirk Botha (59), oor Botha wat tans alleen na Rio de Janeiro in Brasilië roei.
Botha, op die boot Ratel wat hy self gebou het, is nou meer as halfpad van sy eindbestemming af en roei ononderbroke voort.