’n Dokter-prinses wat op ’n vierwielmotorfiets by die Voortrekkermonument in Pretoria rondjaag.
En dr. Thato Mosehle (26), tweede prinses in die Mej. Supranasionaal-kompetisie, wat onlangs in Pole gehou is, asook die eerste prinses van verlede jaar se Mej. SA-kompetisie, glimlag Dinsdag breed oor die pretuitstappie van Adventure Zone wat sy gate uit geniet het.
“Dit is die eerste keer dat ek ’n vierwielmotorfiets ry. Ek het dit ongelooflik baie geniet. Vir my was die lekkerste om al die diere te sien soos wat jy ry. Dit is ’n avontuur, maar daar is ook ’n rustigheid wat mens ervaar.