Steve Hofmeyr en ’n paar van sy musiekvriende het besluit om Erfenisdag in September met ’n massiewe aanlyn konsert te vier, juis om die mistroostigheid wat deesdae in die land heers te besweer; derhalwe die geboorte van Monumentaal – Die konsert.
Hierdie eenmalige aanlyn konsert, wat op 24 September van 17:00 tot 19:00 regstreeks plaasvind, is ’n splinternuwe konsep en nie ’n plaasvervanging vir konserte soos Afrikaans is Groot nie. Tien mansangers sluit hulle by Hofmeyr aan om Afrikaner-trots opnuut met hul musiek aan te wakker. Hulle is Bok van Blerk, Ricus Nel, Gerhard Steyn, Ruhan du Toit, Jay, Dewald Wasserfall, Adam Tas, Ghapi, Ivan Roux en Riaan Benade.
“Afrikaner-mense se herkoms en erfenis ervaar daagliks druk, maar selfs dit sal Afrikaanse mense nie keer om saam fees te vier nie.