Met die mikpunt om Upington in die volgende paar maande in die skoonste dorp in die Noord-Kaap te omskep en dit so te hou, het inwoners tuingereedskap, vullissakke en verf onder die vaandel van #TrotsUpington opgeneem.
“Ons hoop om ’n positiewe en goeie kultuur te kweek, waardeur ons die verandering gaan wees wat ons wil sien. Ons wil aan ’n ingesteldheid bou wat wegbeweeg van kla, en meer doen.”
Só sê Carmen Bock, sameroeper. Sy sê daar is soveel om te doen om reg te maak, skoon te maak en mooi te maak.