Vir 2022 het hulle “Very Peri” gekies.
In die bedryf word dit ’n “sagte pers” genoem, sê die modeontwerper Simon Rademan. Hy herinner dat daar slegs drie primêre kleure - rooi, blou en geel - en twee “nie-kleure” - wit en swart - is en dat alles anders vermengings daarvan is. “Veri Peri is ’n vermenging van min rooi (warm), meer blou (koel) en ’n persoonlike voorkeur van wit hoeveelhede (neutraal),” verduidelik hy.
Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van Pantone, het aan die tydskrif Vogue verduidelik dat elke jaar se kleur die resultaat is van maande se navorsing waartydens hulle onder meer waarneem wat in alle fasette van die lewe – sport, mode, waaroor mense gesels, hul welwees. . . - gebeur. Sy verduidelik dat Very Peri veral beïnvloed is deur die kleure van rekenaarspeletjies en die groeiende belangstelling in die metaheelal, ’n virtuele kollektiewe gedeelde ruimte waarin al hoe meer ondernemings en individue “eiendom” koop.