Sy het grootgeword in klere wat haar ma gemaak het – vir haar en haar boeties broekies en hempies uit dieselfde rol lap – en nou pryk sy stylvol op die voorblad van ’n tydskrif.
Monique Robinson (34) van Kimberley, met die bynaam Nicqie, het Maandag ’n Sarie-tydskrif met haar gesig daarop vasgehou en gesê sy hoop haar storie kan iets vir ander vroue beteken.
By ’n klein glansgeleentheid by die Gorgeous George-hotel in Kaapstad het sy uitgevind sy is die wenner van die jaarlikse Sarie-voorbladgesig-kompetisie en haar storie van verlies, pyn en worsteling verskyn in die tydskrif.