Die Vrystater Riaan Denner (30) is gekies vir die nasionale sweeftuigspan wat later vanjaar aan die wêreldkampioenskap in Stendal, Duitsland, gaan deelneem.
Denner en sy medesweeftuigvlieënier Jason Adriaan sal van 10 tot 31 Julie in die tweesitplek-afdeling van die wêreldbyeenkoms meeding.
Denner, ’n oud-Kroonstadter, woon deesdae in Parys en werk in Potchefstroom.