Dis eintlik moeilik om te glo, maar Volkswagen se Amarok-bakkie is al tien jaar oud. Net soos die Ford Ranger. Die ander gewilde bakkie in Suid-Afrika, Toyota se Hilux, is die enigste nuwe voertuig onder die groot rolspelers.
Met die Hilux wat ’n nuwe ontwerp is, het Ford eerder gekies om sy Ranger voortdurend meganies op te knap. Twee jaar gelede was byvoorbeeld ’n groot tree vorentoe, toe die nuwe 2.0 liter-diesels (enkel- en biturbo) ingebring is, saam met die ewe nuwe tiengang- outomatiese ratkas.
En die Amarok? Met die volgende model nog so twee jaar op die horison, het ons nou die laaste strydkreet van Wolfsburg se eerste dubbelkajuit-projek. Die 3 liter-V6, met sy klasleidende 190 kW en 580 Nm wringkrag.