Volkswagen se nuwe, vyfdegeslag-Caddy het nogal ’n groot ontwikkeling ondergaan. Waar die vorige model nog op die Golf 5 gegrond was, het hy ’n paar generasies vasgebyt terwyl ons die Golf 6, 7 en 7.5 hier gehad het alvorens die nuwe model met die jongste Golf 8 se MQB-platform gesool is.
Dit beteken ’n rits opgraderings vir dié kombinasie-wa, wat in een gedaante diens doen as ’n klein paneelwa en in ’n ander as ’n sakpas-minibus.
Goeie nuus is dat die Caddy weer as ’n standaardlengte en ’n langas-model te kry is.