Die enigste amateur-4x4-veldrykampioenskap met internasionale status vier vanjaar sy vyfde bestaansjaar met nege lande wat naby Bloemfontein in die Vrystaat om die gesogte Wolf-trofee sal meeding.
Die spanne sal hul tegniese, spoed- en presisie-ryvaardighede op ’n doelgeboude baan, ontwerp deur die baan- en tydrenlegende Sarel van der Merwe, toets.
Hulle sal ook sake uitspook om die titel as die beste amateur-4x4-bestuurder en navigatorpaar ter wêreld.