Kom nou. ’n Pers vuurwa met blou remknypers?
Dit was die kleurafwerkings van BMW se M240i xDrive Coupé wat onlangs deur Rapport gelooi is. En nes ’n “x” vier punte het, beteken “xDrive” dryf na al vier motorhoeke.
Alwieldryf lewer natuurlik ’n A-plus vir wegvlietraksie en padhouvermoë deur draaie, by uitstek op nat paaie.