Lewis se ‘flou makou’ lot

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Sergio Perez (regs, Red Bull) het die lewe bitter moeilik vir Lewis Hamilton gemaak toe die Mercedes-jaer vir etlike draaie by hom probeer verbykom het. Foto: Reuters
Sergio Perez (regs, Red Bull) het die lewe bitter moeilik vir Lewis Hamilton gemaak toe die Mercedes-jaer vir etlike draaie by hom probeer verbykom het. Foto: Reuters

As Turkye die legkaart-landstukkie is wat Europa met Asië verbind, was sy kleurryke geskiedenis – bepaal deur ’n magspel tussen sy geloofstrydende bure – ’n vooruitsiende versinnebeelding vir die onvoorspelbaarheid wat dié land se Grand Prix die afgelope Sondag by die Istanbul Park-renbaan opgekook het.

Blom en baaierd; orde en chaos; en logika teenoor lukraakheid was almal plekhouers vir die onvoorsiendheid van ’n wedren gedefinieer deur ’n baanoppervlak wat van 2020 se gladste gemuteer het na 2021 se greperigste, maar terselfdertyd weens hemelhoë humiditeit en ’n onderdeurdringbare teerlaag voordurend klam kon bly.

Dit was ook die strydveld waar die kampioenskapsvoorloper, Mercedes se Lewis Hamilton, 11de sou wegspring weens die verwagte uitdien van strafposisies vir die gebruik van sy kwota-oortreffende vierde enjin van die jaar. Teenoor sy mede-titelstryder, Red Bull-Honda se Max Verstappen, wat nege plekke voor hom begin het in ’n motor wat heel naweek aamborstig vergeleke met die Silwerpyle vertoon het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.60
+1.1%
Rand - Pond
20.07
+0.6%
Rand - Euro
16.94
+1.1%
Rand - Aus dollar
10.83
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,767.22
-1.6%
Silwer
23.32
-0.9%
Palladium
2,076.50
-3.1%
Platinum
1,060.26
-0.1%
Brent-ruolie
84.00
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos