Nuwe Buzz: Bring net jou ’plank

akkreditasie
Maskas, dis mos nou ’n ougat bus! Volkswagen se nuwe ID.Buzz roep mos jou gunsteling-Beach Boys-plaat en bermuda-kortbroek vir ’n langpad-toer.
Maskas, dis mos nou ’n ougat bus! Volkswagen se nuwe ID.Buzz roep mos jou gunsteling-Beach Boys-plaat en bermuda-kortbroek vir ’n langpad-toer.

Bring jou branderplank en Beach Boys-speellys, en stof daai blompatroon-somerhemp af, want Volkswagen se nuwe pret-wa van die eeu het pas sy deure – in psigedeliese groen – oopgeswaai.

Nadat die Duitsers in 2017 die wêreld verras het met ’n retro-Bulli op die Frankfurtse skou (soos die T1-Volksie-bus in Duitsland bekend staan) het die aanhangers hard aan VW se deure gehamer om tog dié teruggooi na die Kombi’s van die 1960’s en 1970’s as produksiemodel na die mark te bring.

En nou is hy hier. Weliswaar as ’n batterygedrewe voertuig, wat hom die perfekte herinterpretasie van destyds se speelding op wiele maak. Nes die Bulli nommerpas was vir die jongklomp van destyds, is die nuwe ID.Buzz (ja, dis sy naam, soos in “bus”) so reg in die kraal van die hedendaagse ekovriendelike giere van die mark.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Ireland 0
Afghanistan 41/0
Rand - Dollar
16.23
+0.1%
Rand - Pond
19.67
+0.7%
Rand - Euro
16.66
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,793.70
+0.2%
Silwer
20.55
+1.2%
Palladium
2,259.00
-1.4%
Platinum
954.00
-0.7%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
64,149
-0.7%
Alle aandele
70,883
-0.5%
Hulpbronne 10
64,324
-2.3%
Industriële 25
86,689
-0.4%
Finansiële 15
16,099
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos