Ná ’n lang afwesigheid is daar weer ’n nuwe Polo-sedan eersdaags op die mark.
Volkswagen het vandeesweek in Indië die sluier gelig van sy opgeknapte Virtus, wat die Duitse vervaardiger in sy fabriek in Pune, net twee ure buitekant Mumbai, bou.
Hoewel hy in Indië as die Virtus bekend staan, sal VW hom hier in Suid-Afrika, wanneer hy later die jaar hier gaan arriveer, as die Polo-sedan bemark.