Ricciardo verdien sy sjampanje

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Daniel Ricciardo (voor, McLaren) lei die jaers kort ná die hervatting van die ren ná die Verstappen-Hamilton-ongeluk tydens die doodsnikke van Sondag se Italiaanse Grand Prix op Monza. Die Australiër het in die afwesigheid van die twee titelprotagoniste ’n welverdiende sege behaal.Foto: Getty Images
Daniel Ricciardo (voor, McLaren) lei die jaers kort ná die hervatting van die ren ná die Verstappen-Hamilton-ongeluk tydens die doodsnikke van Sondag se Italiaanse Grand Prix op Monza. Die Australiër het in die afwesigheid van die twee titelprotagoniste ’n welverdiende sege behaal.Foto: Getty Images

“Mag ek vloek?” was die oorstelpte McLaren-jaer Daniel Ricciardo se eerste vraag aan die Sky-televisiekanaal se onderhoudvoerder ná sy welverdiende sege by verlede Sondag se Italiaanse Grand Prix by Monza.

Voor ’n aanskouende wêreldgehoor is die vuilbek-Aussie se versoek ongemaklik van die hand gewys, maar in die oë van sy werkgewers was syne ’n mond wat elke druppel sjampanje pleks van sensuur ryklik verdien het.

Want ná 170 renne – of ’n allemintige 3 213 dae – het ’n McLaren-jaer eindelik weer die boonste trap van ’n Formule Een-podium bestyg. Dié smaak van sukses was soveel soeter ná nege vermorste jare waaronder Lewis Hamilton van hulle afgerokkel is deur die Mercedes-dinastie en geskiedenis herskryf het; McLaren laasgenoemde se enjins verruil het vir ongekende laagtes met Honda tussen 2015 en 2017, daarna nóg drie jaar moes water trap met Renault – maar danksy ’n terugkeer na Mercedes-krag ’n geleidelike opswaai tot F1 se naasbestes in 2021 laat herleef het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Knights 223/3
Western Province 165/5
besig om te laai... Regstreeks
TS Galaxy FC 0
AmaZulu 0
besig om te laai... Regstreeks
Oman 0
Bangladesh 121/5
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.57
+0.9%
Rand - Pond
20.08
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.7%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.9%
Goud
1,772.80
+0.3%
Silwer
23.90
+2.8%
Palladium
2,101.25
+3.9%
Platinum
1,045.00
+0.5%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
-0.1%
Alle aandele
66,912
-0.0%
Hulpbronne 10
64,002
-0.5%
Industriële 25
84,631
+0.6%
Finansiële 15
13,990
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos