Wat maak ’n mens met jou baba se karstoeltjie wanneer hy of sy te groot is en jy dit met ’n sitplekkussing moet vervang sodat hy of sy ’n gewone sitplekgordel kan gebruik? Karstoeltjies is deesdae van só ’n goeie gehalte dat hulle baie lank duursaam is. Al wat kan gebeur, is dat jou kleuter dit met allerhande kleure van die reënboog bemors. Die ashoop is egter nie die antwoord nie, en die herwinningsblik ook nie. Karstoeltjies het nou ’n tweede lewe gekry danksy Peggie Mars van Wheel Well (foto, regs), wat haar aan die hergebruik van sulke toerusting wy om die skokkende padsterftesyfer te help bekamp. ’n Baba staan nie ’n kat se kans in ’n ernstige botsing as hulle nie vasgegespe is nie. Moet ook nie dink jy is sterk genoeg om jou kleinding op jou skoot vas en veilig te hou nie. Jy kan nou jou babastoeltjie by enige van Supa Quick se takke landwyd aflaai. Wheel Well ontvang dit, maak dit skoon, doen (meestal kosmetiese) herstelwerk waar nodig en skenk dit aan iemand wat nie een van dié duur stoeltjies kan bekostig nie om ’n kind veilig te hou. Belangstellendes kan Peggie by 072 385 7121 bel of die gebruikte stoeltjie net by ’n Supa Quick gaan aflaai.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Ontsluit só ’n wêreld vol inligting – van nuus, sake, sport en raad tot resepte, reis en meer. Geskep en verpak deur Netwerk24, Rapport, Huisgenoot, Sarie, Weg! en Tuis.