Die Tiggo 7 Pro is die derde model wat die Chinese vervaardiger Chery in die afgelope paar maande plaaslik bekend gestel het.
Die nuweling pas inderdaad netjies tussen die intreemodel, die Tiggo 4 Pro, en die groot sewesitplekker, die Tiggo 8 Pro.
Terselfdertyd is die Tiggo 7 Pro moontlik die spreekwoordelike “tjerrie” (of dan kersie) op die koek wat waarde vir geld betref.