Besoek dié plekkies in en om Rawsonville

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Rawsonville is ongeveer ’n uur se ry vanaf Kaapstad, en om net ’n dag in dié omgewing deur te bring is hopeloos te kort, want daar is soveel om te doen!

Jason’s Hill-privaatkelder lê knus weggesteek in die Slanghoekberge. Foto’s: DANIELLE.DANIËLS

Jy het ten minste twee dae nodig om die volle glorie van dié pragtige omgewing te ervaar en geniet.

Baie van die plekkies is naby mekaar, maar jy gaan nie van een na die volgende kan stap nie, beplan dus jou roete. Die meeste van die wynkelders en oorde hier rond het kaarte beskikbaar om jou in te lig oor wat alles in die Breedekloof-wynvallei wag. Kry sommer een by jou eerste stop.

Wynkelders en -landgoedere, restaurante, padstalletjies en verskeie aktiwiteite is volop in die vallei. Hou in gedagte dat baie van die restaurante op die wynlandgoedere se kombuise ’n uur voor toemaaktyd ophou om kos te bedien, maar steeds oop is vir drankies en peuselhappies wat vooraf berei is.

Hierdie is van die plekke waar ek gaan inloer het tydens my dag-en-’n-half-toer van die Rawsonville-omgewing:

Opstal

Met die intrapslag bevind jy jou in ’n mooi, moderne voorportaal voordat jy die restaurant betree of uitstap na die stoep waar jy jou ete kan geniet. Op warmer dae kan jy buite sit om nader aan die natuur te wees.

By Opstal kan jy ook wynproe of jou wynvoorraad aanvul, jou troue hou of selfs ’n intieme verjaardagpartytjie of ander onthaal aanbied.

Daar is speelplek vir jou kroos. Hulle kan lekker op hul eie speel waar jy hulle kan dophou terwyl jy rustig jou ete of wynproe geniet.

Wat hierdie landgoed nog meer opwindend maak, is hul luukse selfsorgeenhede wat sal verseker dat jy jou verblyf hier geniet.

Vir meer inligting skakel 023 344 3001 of besoek www.opstal.co.za.

Jason’s Hill-privaatkelder

Weggesteek in die Slanghoekvallei, omring deur die natuurskoon en Slanghoekberge, lê Jason’s Hill.

Voor die kaggel met sy knus atmosfeer kan jy hul bekroonde wyne proe of buite by ’n tafeltjie ontspan. Groen grasperke sorg vir die ideale buitelugpiekniek. Jason’s Hill het nie ’n restaurant nie en jy mag nie jou eie wyn of eetgoed inbring nie, maar daar is heerlike kaasborde waaraan jy kan peusel.

Hier kan jy ook jou verjaardag, kombuistee of klein intieme onthaal hou. As jy graag die kaasbord-opsie wil benut, bespreek vooraf.

Dié wat fiks voel, kan in die berg gaan stap. Op die roete van 6,6 km is twee watervalle en ’n stroompie in die wintermaande.

By die kelder is daar ’n winkeltjie, speelplek vir kinders en ’n duiwe- en voëlhok.

Vir meer inligting besoek www.jasonshill.co.za of skakel 023 344 3256.

Badsberg

Badsberg-wynkelder se proelokaal word tans opgeknap, dus word proeë nie aangebied nie, maar jy kan steeds wyn koop. ’n Splinternuwe houtdek waarop jy kan wynproe en kuier, is van die nuwighede om na uit te sien. Die bestuur beoog om teen einde Oktober die nuwe proelokaal gereed te hê.

Vir meer inligting besoek www.badsberg.co.za of skakel 023 344 3021.

Daar is hope speelplek vir kinders by Die Eike-restaurant.
Die Eike-plaas

As jy op soek is na ’n alles-op-een-plek-ervaring, dan is dit Die Eike-plaas!

By die rustiek-moderne Eike-restaurant kan oud en jonk hulle geniet. Die spyskaart bied ’n wye verskeidenheid en daar is speelplek vir die kleinspan. Buiten die restaurant en speelplek, kan jy ook by die Eike bly of jou troue hier hou. Die Eike-gastehuis bied verskeie verblyfopsies, insluitend ’n wittebroodsuite. Die Eike-venue is ideaal vir partytjies of konferensies. Jy kan selfs gebruik maak van die grasperk of houtdek naby die rivier. Op die perseel is daar ’n swembad waarvan gaste gebruik kan maak.

Vir meer inligting skakel 023 344 3220 of 083 388 0150 (restaurant), 023 344 3040 of 076 193 7991 (gastehuis en venue).

The Enchanted Oak se lemoenskuim- en sjokolademelkskommels is ongelooflik lekker!
The Enchanted Oak-padstal

Moenie by hierdie padstal verbyry nie. Met ’n lekker groot speelplek is dit ideaal vir kinders, en as die weer dit toelaat, is daar ’n springkasteel.Hul kos is lekker, die eienaars en kelners is vriendelik en die pryse bekostigbaar.Hier word jy ook in die versoeking gestel deur al die pragtige geskenke en lekkernye wat jy in die winkel kan koop. Jy kan nie hier wegry voordat jy nie ’n heerlike koppie koffie, ’n stuk koek of fynproewermelkskommel gedrink het nie – die lemoenskuim- en sjokolademelkskommels is wenners!

Vir meer inligting skakel 066 289 8233 of stuur gerus e-pos na info@theenchantedoak.co.za.

Huis te Merwede

As jy hou van stylvol aantrek en ’n gesofistikeerde plek wil besoek, is dit Huis te Merwede. Met die intrapslag voel dit jy is in ’n toneel uit die rolprent Gone with the Wind.Doen gerus ’n wynproe van Merwida se reeks terroirwyne in hul spoggerige wynproelokaal en geniet heerlike kaasborde daarby! Loer ook in by Cécile’s Tea Garden vir heerlike etes soos sop van die dag, koek en tee of koffie, terwyl jy uitkyk op die swembad en die mooi tuin. Hul lokaal is beskikbaar vir klein geleenthede, konferensies en intieme byeenkomste. Indien julle ’n groep van tien of meer mense is, is dit wys om vooraf te bespreek.

Vir meer inligting skakel 023 349 1144.

Die grasperk en fonteinswembad by Kirabo, waar jy lekker kan ontspan.
Kirabo-privaatwynkelder

As jy op soek is na ’n plek waar jy in ’n ontspanne omgewing wyn en bier kan proe, dan is Kirabo jou eerste keuse. Hierdie kelder is wel nie so groot soos die ander kelders in die omgewing nie, maar jy kan uitsien na ’n eiesoortige ervaring. Die familiewynkelder is bekend vir hul handgemaakte rooiwyne en slegs een witwyn. Die nuutste toevoeging is hul boetiekbiere, Broers Brew.

Buiten die wyn- en bierproeë en -parings, kan jy ander drankies soos jenewer by die kroeg bestel.By Kirabo vier hulle alles. Buite op die gras kan jy jou troue, verjaardag, ooievaarstee, hennepartyjie of werksfunksie hou. Op die perseel is daar ook ’n winkeltjie waar jy plaaslike produkte van verskeie produsente in die omgewing kan aanskaf. ’n Ervaring by Kirabo is nooit dieselfde nie. Hulle hou daarvan om nuwe idees te probeer en verskillende geleenthede te bied om te verseker dat jy terugkeer vir nog.Vir die kleinspan is daar oorgenoeg speelplek en selfs ook diere per geleentheid. Die kelder is ook dierevriendelik, hoewel leibande ’n vereiste is.

Vir meer inligting besoek kiraboprivatecellar.com, skakel 071 681 9019 of stuur e-pos na info@kirabocellar.co.za.

Ou Meul-bakkery en -kafee

Loer gerus in by die Ou Meul-bakkery en -kafee by Du Toitskloof-wynkelder.

By die bakkery kan jy heerlike vars brode, tuisgemaakte koekies, croissants en kolwyntjies kry. Daar is ook terte en soet lekkernye, vrugtesap en heerlike Bootleggers-koffie. Vir middagete het hulle houtvuur-pizza, burgers, vars slaaie asook pasteie en veel meer.

Daar is lekker speelplek vir die kinders. Terwyl hulle op die grasperk en klouterraam baljaar, kan jy ’n Du Toitskloof-wyntjie, jenewer of bier geniet terwyl jy ’n oog oor hulle hou.

Vir meer inligting skakel 023 004 0226 of stuur e-pos na dutoitskloof@oumeul.co.za.

Hierdie is slegs ’n handvol van die plekke waarby ek kon uitkom, maar daar is soveel meer om in hierdie omgewing aan te pak!


GEBORG

Shelley Point-hotel en -spa

Shelley Point

Die Shelley Point-hotel en -spa is ’n katspoeg uit Kaapstad wat jou alles bied vir jou Weskus-wegbreek. Vir slegs R1 500 per persoon wat deel per nag in ’n luukse suite, kan jy uitsien na ’n smullekker ontbyt, ontspanning langs die sonverhitte swembad, en ook kus en keur tussen ’n verskeidenheid aktiwiteite wat hulle aanbied. Besoek hul spa vir ’n behandeling, of geniet die outentieke Weskus-atmosfeer en ongerepte natuurskoon. Bespreek nou! Bepalings en voorwaardes geld.

Slanghoek-bergoord

Slanghoek-bergoord

Slanghoek-bergoord bied jou, familie en vriende die ideale wegbreek. Dié oord bied verskeie verblyfopsies, insluitend kampeerplekke, safaritente, houthutte op die dam en chalets, asook trou- en konferensiegeriewe.

’n Nuwe toevoeging tot die oord is die luukse selfsorg-eko-eenhede. Tans is slegs twee van die eenhede voltooi, maar elke eenheid kan gerieflik vier mense huisves. Die luukse eenhede het twee slaapkamers, een met ’n en suite-badkamer, asook ’n afsonderlike badkamer. Dit het ’n ten volle toegeruste kombuis, ’n gesellige leefvertrek, stoep met ingeboude braai asook ’n warmbad.   

Simply Bee

Simply Bee

Egte heuning hou soveel gesondheidsvoordele in. Maak seker jy kry die ware Jakob. Simply Bee se produkte is alles 100% natuurlik. Dit bevat byewas, fynbosheuning, propolis en essensiële olies. Slegs natuurlike bestanddele uit die oorvloedige bronne van Moeder Natuur word ingespan en al die produkte is omgewingsvriendelik. Vir meer inligting of om jou bestelling te plaas, besoek hul webwerf.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 99/2
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.86
+1.2%
Rand - Pond
21.14
+0.7%
Rand - Euro
17.99
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.26
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+1.2%
Goud
1,778.49
-0.2%
Silwer
22.41
+0.4%
Palladium
1,739.50
-0.3%
Platinum
948.00
+1.3%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,648
-0.2%
Alle aandele
71,096
-0.1%
Hulpbronne 10
67,630
-0.3%
Industriële 25
93,811
-0.2%
Finansiële 15
13,914
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos