Dis byna-byna vroeë lente en aan die Weskus het tussen berg en dal en vlakte die grys landskap oopgebreek in spatsels veelkleurige en geurige blomme.
Tot nou toe was dit net die Wes- en Noord-Kapenaars beskore, maar met die opheffing van reisregulasies te midde van die Covid-19-pandemie mag almal nou gaan kyk – en jy mag boonop oorslaap.
So, klim in jou kar of koop ’n vliegtuigkaartjie.