’n Hotel in Franschhoek is as een van die 100 beste nuwe hotelle ter wêreld op ’n internasionale reiswebwerf aangewys.
Sterrekopje in die Franschhoek-vallei is saam met hotelle in lande soos Mosambiek, Katar, Israel, Japan, Indië en Australië en wêreldstede soos New York op Travel + Leisure se 2022 It-lys.
Luidens ’n verklaring van die reiswebwerf het die reisbedryf ’n onstuimige tyd beleef, maar het die pas waarteen nuwe hotelle geopen is en opknappings gedoen is nie afgeneem nie.