Louis Nigrini vervaardig weliswaar nie self horlosies nie, maar hy kan énige horlosie, van armhorlosies tot wekkers, van staanhorlosies tot hanghorlosies, regmaak.
Horlosies is Louis se passie. Hy verklaar entoesiasties: “My werk is soos my stokperdjie. Dit is nie ’n ag-ek-moet-alweer-gaan-werk-gevoel nie – dis lekker, dis interessant en elke binnewerk of uurwerk is uniek op sy eie manier. Ratte was en is nog steeds my passie. Omdat ek meganies aangelê is, is ek nog net so opgewonde om ’n masjien of uurwerk uitmekaar te haal as 40 jaar gelede.”