Namaqua-Weskus dié plek om te wees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Blomroetes is volop in die Namaqua-Weskusstreek. Daar is ook vele stap- en fietsroetes. Foto: Namaqua-Weskus Toerisme

Wissel jou blomkykery in die Namaqua-Weskusstreek af met ’n wynproe en iets te ete by een of meer van die vele wynkelders. Monika de Jager, bestuurder van Namaqua-Weskus, gee ’n paar idees van plekke om te besoek.

Die Namaqua-Weskus is vol verrassings en daar’s altyd iets om te doen. Blomroetes is volop, met verskeie wynkelders op die Weskus-wynroete tussen Klawer, Vredendal, Lutzville, Doringbaai en Lambertsbaai waar jy kan stop om jou dors te les.

Blomroetes te kies en keur

  • Gaan stap gerus die Wandering Whale-labirint met sy dramatiese see-uitsigte – jy sien dalk net ’n walvis of twee! Die 10 km-roete begin by Strandfontein en eindig in Doringbaai. Skakel 027 201 3437.
  • Die Maskam-gasteplaas in Vanrhynsdorp het sy eie blomroete aan die voet van Gifberg wat tussen 1 Augustus en middel-September oop is vir besoekers. Daar is twee roetes van 5,6 en 7,8 km onderskeidelik wat jy kan stap of ry, met of sonder ’n gids. Daar is ’n fooi betaalbaar om die roetes te stap of ry. Navrae oor kostes aan die nommers hieronder genoem. Gaan loer in by die Koekemakranka-plaaskombuis vir iets te ete. Skakel 027 219 2589 of 076 119 0242.
  • Letsatsi Lodge in Vanrhynsdorp se blom-en-vetplanttoer is werklik iets om te beleef. Dit kos net R100 per persoon, maar daar moet ’n minimum van ses mense bespreek. Skakel 027 219 2828.
  • Namakwa Tours bied dagtoere van Namaqua Lodge. Leer meer oor die streek se geskiedenis, sien al die toeristegunstelinge en ervaar die blommeprag. Kontak hulle by 027 219 1633 of info@namaqualodge.co.za.
  • Besoek gerus die Lankverwacht-gasteplaas, sowat 22 km noord van Vanrhynsdorp op die R27, vir ’n besonderse wegbreek op die Knersvlakte. Verken die plaas te voet en verwonder jou aan die voëls, diere, blomme en vetplante. Skakel 027 219 1889 of 071 868 0413 of stuur e-pos na sakkievandmerwe@gmail.com.
  • Voëlkykers sal bly wees om te hoor dat die Namaqua-voëlkykklub reeds 245 spesies in die Namaqua-Weskus identifiseer het. Bespreek ’n toer saam met Salomé Willemse, een van die lede, en gaan kyk wat jy alles kan opspoor. Matzikama Hiking bied dagstaptogte oor naweke in die Maskamberg, Koebeevallei en kuslyn tussen Doringbaai en Papendorp. Kontak Salomé by 027 219 1202 of 072 471 4083 of Matzikama Hiking by 076 957 4005 of matzihiking@ gmail.com.
  • Indien jy self wil gaan rondry en blomme soek, oorweeg gerus die Urionskraal- en Mauerskop-sirkelroete in Vanrhynsdorp, die Gifberg-roete of die Maskam-gasteplaas se blomroete.

Daar is vele wynplase in die gebied waar jy lekker kos en wyn kan geniet. Foto: Jacques Marais

Wynplase aan die Weskus

  • Klawer Wine Cellars, tussen Clanwilliam en Vredendal, bied ’n verskeidenheid bekroonde wyne. Probeer gerus die rooibos-en-wyn-paring.
  • Teubes Wines, op die R363 net buite Vredendal, is bekend vir hul heerlike kos en bottels Karroobossie MCC. Jy kan ook hier stap of fietsry.
  • Die Keldery is Namaqua Wines se proelokaal en restaurant by die Spruitdrift-wynmakery in Vredendal. Hier kan jy ’n ontspanne wyn-en-kos-ervaring verwag, met ’n uitsig oor die wingerde en Maskamberg. Die ontbyt is uit die boeke.
  • Bellpost Cellar is geleë tussen Vredendal en Lutzville op die R362. Jy kan hul wyne by die kunstige Thi Art-restaurant proe.
  • Fryer’s Cove Vineyards se proelokaal by die Doringbaai-hawe is net die regte plek vir ’n yskoue glas witwyn en besonderse kaasbord saam met kerrievis en roosterkoek.
  • By Piekenierskloof-wyne, op Piekenierskloofpas, kan jy verskeie wynparings geniet.


GEBORG

Namaqua-Weskus Toerisme

An adventure road trip along the back roads of the

In die Namaqua-Weskus is daar soveel meer as net blomme om te sien. Hier kan jy verskeie wynplase besoek vir wynproeë, heerlike kos in hul restaurante geniet en van ’n verskeidenheid aktiwiteite soos stap- en fietsroetes gebruik maak. In die Namaqua-Weskus is daar iets vir almal! Bespreek nou jou verblyf en beplan jou blomroete om blomme te kyk! Dit bied die ideale wegbreek. Vir meer inligting oor wat jy alles in die streek kan aanpak, skakel 027 201 337 of stuur e-pos na info@visitnwc.com.

Namaqua Wines

An adventure road trip along the back roads of the

Namaqua Wines se restaurant, Die Keldery, bied ’n eiesoortige ervaring aan besoekers. Die Keldery is by die Spruitdrift-wynkelder geleë, net buite Vredendal. Luuksheid en ruimte laat besoekers toe om Die Keldery se kos en wyn stylvol te geniet, met ’n proelokaal waar ’n verskeidenheid van die omgewing se wyne op die proef gestel kan word, asook ’n eetlokaal wat uitkyk oor pragtige wingerde en die Maskam-bergreeks. Die Keldery se spyskaart bestaan uit heerlike, opgekikkerde tradisionele resepte. Dit is ook die perfekte venue vir troues, konferensies en ander geleenthede. Hulle het kindergeriewe soos ’n klimraam, springkasteel en vele meer om die jongspan besig te hou.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.52
+0.1%
Rand - Pond
20.03
-0.1%
Rand - Euro
16.89
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,773.88
+0.2%
Silwer
23.78
+0.5%
Palladium
2,092.50
-0.3%
Platinum
1,041.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,190
0.0%
Alle aandele
66,776
0.0%
Hulpbronne 10
63,288
0.0%
Industriële 25
84,981
0.0%
Finansiële 15
14,022
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos