Diegene wat Kaapstad ken, weet van Philip Kgosana-rylaan, wat die stad met die suidelike voorstede verbind.
Dit was tot 2017 bekend as De Waal-rylaan en is genoem na sir Nicolas Frederick de Waal, eerste administrateur van die Kaapprovinsie in die nuut geskepte Unie van Suid-Afrika.
Op sy aandrang is ’n soortgelyke verbinding tussen Houtbaai en Noordehoek (nou Noordhoek) in 1914 oorweeg, maar dit was ’n duur en feitlik onbegonne taak.