In die jongste uitgawe van Taalgenoot is die akteur Sharlto Copley op die voorblad – al die pad van Hollywood! Hy vertel van sy wortels in die Afrikagrond en met watter A-lysakteurs hy skouers skuur.
Dié uitgawe spog met vele fotostories: Ons besoek Sandton en Fietas, twee uiteenlopende wêrelde in dieselfde stad, ons gaan kuier by Children of Fire, 'n organisasie wat vir jong brandslagoffers sorg en ons het selfs 'n storie oor wilde diere in die hartjie van Johannesburg.
Verder gaan kuier ons by twee plaaslike rockers – een in die boekewêreld en een in die musiekbedryf: R.R. Ryger en Bacchus Nel.
Ons stel ondersoek in of jy “off the grid” kan leef en Eskom finaal onder die bas kan skop en gesels met kenners oor liefdestonele in boeke.
Die ATKV se fantastiese projekte en die waardevolle werk wat ons takke doen kom ook onder die loep.
Met dié uitgawe van Taalgenoot het jy nie 'n verwarmer nodig nie, ons sal die koue met vuurwarm leesstof verdryf.