Haar andersheid is ’n daaglikse uitdaging, maar sy het al geleer dat almal eintlik tog in ’n mate dieselfde is, vertel Brenda vir Kies die lewe-aanbieder Ivor Swartz (VIA, kanaal 147). “Almal van ons het rolstoele in die lewe, party s’n is net sigbaar. So hoekom moet ek anders wees? Ek dink dis maar ons hele lewensreis om daai antwoord te kry. En wat is die antwoord? Sodat jy jý kan wees. Sodat jy met jou storie waarmee jy sukkel ’n verskil kan maak. Don’t waste the pain, use it.”