Borskanker: Vroue én mans word geraak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vroue is meer geneig om borskanker op te doen, maar mans kry dit ook. Oktobermaand word gebruik om bewusmaking te skep vir hierdie toestand onder albei geslagte. Foto: iStock

Dit is meer algemeen dat borskanker by vroue gediagnoseer word en dat hulle daagliks daarteen veg.

Daar is wel ook mans by wie hierdie uitdagende siekte gediagnoseer word, maar nie so gereeld soos by vroue nie.

Volgens dr. John Duminy, ’n onkoloog van Hermanus Onkologie, kry mans minder borskanker omdat hul borsweefsel grootliks uit ondersteunende weefsel bestaan wat die stroma genoem word, asook vetweefsel.

“Hulle het dus minder buise en lobbetjies (waarin borskankers meestal ontwikkel), terwyl die buise en lobules sterk ontwikkel by meisies gedurende puberteit.”

Hy meen vir elke 100 vroue by wie borskanker gediagnoseer word, word dit by een man gediagnoseer.

“Die voorkoms van manlike borskanker is ook verskillend. In mans is dit gewoonlik ’n harde pynlose massa naby of agter die tepel, met meer geredelike klieraantasting (gewoonlik meer gevorderd by mans). Die histopatologie van die twee geslagte se borskankers verskil ook. Dit is meestal buiskarsinoom by mans, met lobulêre karsinoom wat baie min by hulle voorkom,” sê dr. Duminy.

Ongeveer 90% van manlike borskanker is estrogeen-gevoelig, wat dit sinvol maak om dit ook met ’n anti-estrogeenmiddel soos tamoksifeen te behandel.

“Vroulike borskanker is minder estrogeen-gevoelig. Die klein hoeveelheid estrogeen wat by mans geproduseer word, is genoeg om estrogeen-gevoelige borskanker te stimuleer en dit is waarom tamoksifeen by mans ook meestal voorgeskryf word,” verduidelik dr. Duminy.

Feite van borskanker

Dr. Duminy lys die volgende feite oor borskanker by mans:

  • Dit is makliker vir mans om ’n nodule (’n knop) in die bors te voel as vir vroue, en daarom speel mammografiese sifting geen rol by manlike borskanker nie.
  • Mans se risiko neem toe om borskanker te ontwikkel soos hulle ouer word en daar is geen plato wat bereik word nie.
  • Die feit dat mans nie so geredelik aan kanker dink as hulle ’n knoppie agter die tepel voel nie, maak dat borskanker gewoonlik heelwat later by mans gediagnoseer word as by vroue.
  • Die hantering van ’n verdagte massa in die bors is net soos by vroue: Eerstens moet die pasiënt vir ’n mammogram/sonar gestuur word en die diagnose word dan bevestig deur ’n biopsie. Daarna word die gepaste chirurgie gedoen en dan word chemoterapie en bestraling asook anti-estrogeen-behandeling toepaslik toegedien.

Risikofaktore van borskanker

Dr. Rika Pienaar, ’n kliniese en bestralingsonkoloog by Cancercare, meen borskanker is die algemeenste soort nie-velkanker en die algemeenste oorsaak van kankerdood by vroue wêreldwyd. Sy sê faktore wat verband hou met ’n groter risiko vir borskanker sluit in:

  • Ouderdom. Die risiko vir borskanker neem toe soos vroue ouer word. Data wat verkry is van die Surveillance, Epidemiology, and End Results (SEER)-databasis, toon aan hoe die risiko vir borskanker toeneem onder ouerwordende vroue.
  • Ras. In Suid-Afrika kom die grootste borskankerrisiko onder wit vroue voor, hoewel borskanker die algemeenste kanker onder vroue van elke groot etniese/rassegroep bly.
  • Talle etniese verskille in borskankersyfers word toegeskryf aan faktore wat verband hou met die leefstyl van vroue. Swart vroue presenteer meer algemeen met gevorderde siekte en het ’n hoër sterftesyfer wat met borskanker verband hou.
  • Digte borsweefsel. Die digtheid van borsweefsel weerspieël die relatiewe hoeveelheid klier- en bindweefsel tot vetweefsel. Vroue met ’n mammografies digte bors het ’n hoër risiko vir borskanker.
  • Die risiko verbonde aan ’n positiewe familiegeskiedenis van borskanker word sterk beïnvloed deur die aantal eerstegraadse vroulike familielede met en sonder kanker, en die ouderdom toe dit gediagnoseer is. In ’n saamgevoegde analise van meer as 50 000 vroue met borskanker en 100 000 kontroles, was die risiko vir borskanker soos volg:
  • Verhoog byna tweevoudig by ’n vrou met een geaffekteerde eerstegraadse familielid.
  • Verhoog drievoudig as sy twee geaffekteerde eerstegraadse familielede gehad het.

Borskankerstatistieke

Volgens prof. Michael C. Herbst, gesondheidspesialis van Kansa, is dit die voorkoms van kanker by mans en vroue na aanleiding van die Nasionale Kankerregister van 2017.

Statistieke van borskanker

Interessante borskankerfeite

Dr. Pienaar noem dié feite:

  • Die eerste rekord van ’n mastektomie wat vir borskanker aangebied is, was meer as 1 500 jaar gelede. Die tweede rekord van ’n borsmastektomie was in 548 n.C. op Theodora, keiserin van Bisantium. Beduidende vordering in ons begrip en behandeling van borskanker in die afgelope dekades het ’n dramatiese vermindering gesien in die gebruik van “radikale” mastektomie (waar die bors, onderliggende borsspier en limfknope verwyder word), wat die standaard chirurgiese benadering tot borskanker tot in die 1960’s was.
  • Die linkerbors is vyf tot 10% meer geneig om kanker te ontwikkel as die regterbors. Die linkerkant van die liggaam is ook ongeveer 5% meer geneig tot melanoom (’n soort velkanker). Niemand is seker waarom dit so is nie.
  • Borskanker is vroeër glo “Die Non se siekte” genoem weens die hoë aantal nonne wat deur hierdie siekte geraak word. Lewenslange nonne, soos vroue wat nie kinders het nie, loop ’n verhoogde risiko om aan bors-, eierstok- of baarmoederkanker te sterf, in vergelyking met moeders. ’n Vrou se risiko om van hierdie kankers te kry, neem toe met die aantal menstruele siklusse wat sy ervaar.
  • Die Covid-19-pandemie het ook aanleiding gegee tot verminderde toegang tot gesondheidsorg vir ander siektes. Sommige pasiëntbesoeke en -prosedures is aan die begin van die pandemie skielik gekanselleer om gesondheidsorghulpbronne te bewaar en die risiko vir blootstelling aan SARS-CoV-2 te verminder. Gevolglik is klinieke beperk of selfs gesluit en kankersiftingsprogramme opgehef.


GEBORG

Helen Harder

Helen Harder

Die Helen Harder-stigting bied waardevolle bystand aan borskankerpasiënte en hul families. Kontak hulle vir ’n lys van dienste of raad waarmee hulle kan help.

Creative Wellness

Creative Wellness

Creative Wellness bied toegewyde versorging met deernis en passie om borskankerpasiënte en hul familie te ondersteun terwyl hulle die kankeroorwinningspad aandurf.

Medwell SA

Medwell SA

Medwell SA se dienste sluit bestuurde sorg by die huis, post-hospitalisasie, ontslag vanaf rehabilitasiegeriewe en die voorsiening van die nodige mediese toerusting in. Die doel is om pasiënt-gesentreerde sorg te voorsien met die klem op kliniese behoeftes en vereistes, asook die persoonlike behoeftes van die betrokke pasiënt en familie.  Vir meer inligting, besoek gerus www.medwell.co.za of stuur e-pos na info@medwell.co.za.

Dr. Liana Roodt

Dr. Liana Roodt

Dr. Liana Roodt is ’n bors- en endokrienechirurg met ’n passie vir die nuutste borssorg en chirurgie, insluitend borsbewarende kankeroperasies. Bewys-gebaseerde medisyne en streng chirurgiese dissipline vorm die grondslag van dr. Roodt se praktyk, maar wat haar onderskei, is haar strewe om werklik geïntegreerde en holistiese pasiëntsorg te bied.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.


besig om te laai... Regstreeks
Manchester United 2
Arsenal 2
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.95
+0.7%
Rand - Pond
21.22
+0.4%
Rand - Euro
18.02
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.31
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,767.33
-0.8%
Silwer
22.39
+0.3%
Palladium
1,780.47
+2.0%
Platinum
941.12
+0.6%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos