Borsprostese is een van die beste uitvindsels

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Dit is oor en oor bewys dat jy kanker ’n uitklophou kan gee ongeag jou ouderdom. Tasneem van Rooyen het met Diana Dryding gesels oor hoe sy optimisties gebly het na haar borskankerdiagnose.

Diana Dryding (68) het kanker ’n uitklophou gegee na haar diagnose op 62. Foto: VERSKAF

Die topvyf-kankers wat vroue in Suid-Afrika raak, is borskanker, servikskanker, kolorektale kanker, baarmoederkanker en longkanker. Bors en servikskanker is geïdentifiseer as nasionale prioriteit met voorvalle wat grootliks toeneem, volgens die Nasionale Kankerrregister van 2017.

Hoewel borskanker veral algemeen is onder vroue, is daar al baie wat dié siekte oorkom het. Diana Dryding (68) van Kaapstad is een van hulle.

Sy was 62 toe sy met borskanker gediagnoseer is.

“Om die nuus aan my familie oor te dra, was nie van die maklikste take om te doen nie. Versterk deur my geloof in my Skepper en omring deur die liefde van my familie, was dié taak darem baie makliker,” sê Diana.

Hoewel die diagnose haar met gemengde gevoelens gelaat het omdat sy nie elke dag ewe goed gevoel het nie, het sy die nodige ondersteuning van haar geliefdes gekry.

“Daar kom dae wanneer jy onseker en verward voel, maar my geloof en die ondersteuning van my man, kinders, kleinkinders en gebede van familie en vriende het geweldig baie gehelp,” sê sy.

’n Mastektomie is iets wat vroue op ’n groot skaal beïnvloed, omdat borste ’n groot deel uitmaak van ’n vrou se vroulikheid. Prostese is dus ’n baie belangrike aspek vir die meeste vroue wat hul borste verloor het. Diana beskryf dit as “die beste uitvindsel vir vroue wat ’n mastektomie ondergaan het.”

Volgens haar is dit belangrik om te onthou dat ’n vrou se voorkoms vir haar baie belangrik is en dat ’n goeie voorkoms haar ook help om die trauma te verwerk en om haar selfbeeld weer op te bou.

“Die doel van ’n prostese is om ’n natuurlike voorkoms te bewerkstellig en dit het ook ’n terapeutiese doel om jou liggaam se eweredigheid te behou.

Sy beskryf haar eerste ondervinding met prostese as doodnormaal danksy Andrea le Roux se hulp en omdat sy maar altyd alles aanvaar wat op haar pad kom, met die wete dat dit nie sonder ’n doel is nie.

Haar raad aan ander wat met kanker gediagnoseer is, is om die omstandigheid te aanvaar, so gou moontlik daaroor te praat en om jou familie te betrek by dit waardeur jy gaan.

“Maar die belangrikste is jou geloof in jou Skepper, as jy jou pad met hom stap, is die wedloop gewen,” meen sy.

Wat vroue kan doen

  • Ken jou liggaam: Wees bewus van enige veranderinge in jou liggaam, doen gereeld selfondersoek aan jou borste en vel en gee verslag aan jou dokter.
  • Ken die tekens van kanker: Lees gereeld oor die simptome van kankers wat vroue beïnvloed.
  • Gaan vir gereelde siftingstoetse: Maak ’n afspraak by jou dokter en gaan vir siftingstoetse op ’n jaarlikse basis, of as jy bekommerd is oor ’n simptoom wat jy ervaar.
  • Deel jou kennis: Bemagtig ander vroue deur jou kennis te deel oor hoe om hul risiko’s te verlaag.  

Bron: https://cansa.org.za/women-take-a-stand-against-cancer/


GEBORG

Andrea le Roux Andrea le Roux en Michael Nel

andrea

Andrea le Roux en Michael Nel is mediese ortotiste en prostetiste wat sentraal in die noordelike voorstede van Kaapstad geleë is. Hulle bied gespesialiseerde pas van borsprosteses en mastektomie-bra’s, borsvorms in verskillende vorms en groottes en ’n wye verskeidenheid bra’s vir individuele behoeftes. Jy ontvang ook ’n tweejaarwaarborg op borsvorms. Hulle aanvaar die meeste mediese fondse. Klik hier vir meer inligting.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.0%
Rand - Euro
18.26
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos