As jou mediese fonds al teen die helfte van die jaar uitgeput is en jou medisynekabinet lyk soos die aanvullings- en medikasietoonbank by die plaaslike apteek, is jy waarskynlik die ouer van ’n peuter, kleuter of jong kind.
“Crèche-sindroom is beslis ’n realiteit!” meen Lindi Herbst, ’n ma van twee dogtertjies, Leané (8) en Mieke (5).
“Leané is op agt maande kleuterskool toe en net voor haar eerste verjaardag was sy so siek dat sy opgeneem is in die hospitaal.”