Dís waarom vroue hul gesondheid ’n prioriteit moet maak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gereelde oefening, ’n gesonde dieet en roetine-ondersoeke kan voordelig tot vroue se gesondheid wees.       Foto: ISTOCK
Gereelde oefening, ’n gesonde dieet en roetine-ondersoeke kan voordelig tot vroue se gesondheid wees. Foto: ISTOCK

In Vrouemaand word daar ekstra klem gelê op hoe vroue na hul gesondheid moet omsien.

Dr. Dewald Compion, ’n algemene praktisyn by Medicross Northpine, sê ’n gesonde leefstyl verminder nie net die risiko van fisieke siektes soos hartkwale, hoë bloeddruk en diabetes beduidend nie, maar ook die kans om psigiese toestande soos depressie en spanning te ontwikkel.

“Jy kan ’n lang lys siektes vermy deur gesond te eet, fisieke oefening deel te maak van jou daaglikse roetine, en nie te rook of alkohol oormatig te gebruik nie.”

Gereelde en jaarlikse siftingstoetse speel ’n baie belangrike rol in enige vrou se gesondheid.

“Die siftingstoetse wat roetine is en deel uitmaak van jou jaarlikse ondersoek, kan ’n wye reeks toestande uitwys sonder dat jy eens bewus is van enige onderliggende siektes. Die hoofdoel hiervan is om toestande vroeg te diagnoseer en reg te behandel, of om risiko’s te identifiseer en aanpassings te maak om voorkomend op te tree. Die ideaal is altyd om siekte te probeer verhoed, eerder as om komplikasies te behandel.”

Topvyf siektes wat by vroue opduik

Dr. Compion sê hartsiektes (insluitend hipertensie en verhoogde cholesterol), diabetes mellitus tipe 2, psigiese toestande (veral depressie en spanning), hormonale siektes (menstruasie-abnormaliteite, menopousale simptome, tiroïedsiektes) en outo-immuunsiektes, is die vernaamste siektes wat gewoonlik by vroue voorkom.

Wat beteken dit om ’n gesonde vrou te wees?

Vroue word op ’n daaglikse basis aan veelvuldige uitdagings blootgestel en dit kan soms moeilik wees om ’n balans tussen huis, werk en sosiaal te handhaaf, sê dr. Compion.

“Om ’n gesonde vrou te wees deur gesond te eet en tyd in te ruim vir gereelde oefening en ontspanning, sal nie slegs help om ’n veelvoud siektes te verhoed nie, maar ook bydra tot ’n gesonde gees.”

Gaan sien ’n ginekoloog

Dr. Elmarié Basson, ’n ginekoloog in die middestad, sê ginekoloë vang nie net babas nie, maar kyk na ’n vrou op ’n holistiese manier.

Tydens jou besoek aan die ginekoloog word die volgende gedoen:

• ’n Volledige geskiedenis word afgeneem en fokus veral op menstruele abnormaliteite, vaginale afskeidings, abdominale of pelviese pyn, blaasprobleme, probleme van die gastro-intestinale kanaal, hormonale probleme en simptome van menopouse, asook algemene gesondheidsprobleme.

• Jy word deeglik ondersoek van bloeddruk- en urientoetse, ’n skildklierondersoek, borsondersoek en ’n buikondersoek (om te kyk of daar enige vergroting van die lewer, milt en ander organe is) waartydens ook gekyk word of enige pyn ervaar word, tot ’n vaginale ondersoek en papsmeer.

• Daar word ’n vaginale en/of abdominale sonar gedoen om te verseker dat die uterus, ovaria en blaas normaal is. Enige tekens van uteriene miome, poliepe, tekens van endometriose/adenomiose, ovariële siste/tumors, vrye vog in die buik, blaasabnormaliteite en enige afwykings van die normale word gesoek.

• Die dokter maak seker jy gaan gereeld vir ’n mammogram, beendigtheidtoets, kolonoskopie en besoek jou internis vir ’n EKG’s, ens.

• Indien bloed getrek moet word, word jy sommer reguit na die patoloë gestuur.

“Vroue is meer geneig om gereeld hul ginekoloog te besoek, as hul internis. Dit is dus eintlik die enigste kans om hulle vir al hul ander toetse ook te stuur.”

Volgens dr. Basson sê die Amerikaners, meisies moet tussen die ouderdom van 13 en 18 jaar hul eerste afspraak maak, maar hier in Suid-Afrika voel ginekoloë anders.

“As jy enige abnormaliteit van jou menstruasie ervaar (erge pyn of swaar/ongereelde bloeding), moet jy beslis gaan vir ’n ondersoek.Andersins is dit goed om te kom wanneer jy seksueel aktief wil raak sodat voorbehoedmiddels en veilige seks bespreek kan word.

“Ek is ook ’n groot voorstander van die menslike papilloomvirus (MPV)-inenting vir meisies sowel as seuns van so jonk as 12 jaar oud.”

Sy meen papsmere word gewoonlik gedoen nadat jy seksueel aktief is.

“Andersins is 21 jaar ’n goeie ouderdom om te begin. Die belangrikste is om dadelik iemand te sien as daar enige simptome is wat nie ‘normaal’ is nie.”

Volgens dr. Basson betaal mediese fondse in Suid-Afrika vir ’n papsmeer elke twee jaar. “Ek sien pasiënte wat asimptomaties is in ’n stabiele seksuele verhouding, elke 18 tot 24 maande. Indien hulle gereeld van seksuele maat verander, wil ek hulle graag elke ses tot 12 maande sien, net om seksueel oordraagbare siektes uit te skakel. Daar word dadelik aandag gegee aan enige abnormale bloeding, afskeiding of borsknop.”

Seksuele gesondheid

Dr. Basson meen jy moet seker maak jy gaan gereeld om getoets te word vir seksueel oordraagbare siektes (MIV, sifilis, hepatitis B, herpes).

“Jy is dit aan jouself en jou maat verskuldig. Gaan vir gereëlde papsmere en kry die MPV-inenting, indien jy kwalifiseer daarvoor. Enige slegruikende, geel/groen of simptomatiese vaginale afskeiding moet dadelik aandag kry. Gaan sien jou ginekoloog (of dokter wat spesialiseer in vrouegesondheid).”

Sy sê ook jy moenie onbeskermde seks hê nie.

“Jy stel jou gesondheid onnodig in gevaar. Dring aan op bewys van onlangse (jonger as drie maande) negatiewe bloedtoetse en gebruik kondome en voorbehoedmiddels. Moenie dink jy kan nie swanger raak as dit jou eerste keer is nie!

“Baie belangrik: As iets jou pla, moet dit nie ignoreer nie. Gaan sien dadelik ’n dokter.”


GEBORG

Vacuhealth

Man sad after arguing with his girlfriend in the b

Erektiele disfunksie kan mans van alle ouderdomme beïnvloed. Dit beteken nie die einde van jou lewensmaat se manwees nie. As jy jou lewensmaat wil help, is dit belangrik om te verstaan waarom hy ereksieprobleme ervaar sodat jy hom kan ondersteun. Vacuhealth se Vacurect is die ideale oplossing vir ereksieprobleme. Dié vakuum-ereksieapparaat werk deurdat ’n vakuum in ’n silinder geskep word wat bloed na die are in die penis trek sodoende ’n ereksie te skep. Vacurect is ’n trotse Suid-Afrikaanse produk. Probeer dit gerus!

besig om te laai... Regstreeks
London Irish 0
Montpellier 0
besig om te laai... Regstreeks
Stade Francais 0
Benetton 0
besig om te laai... Regstreeks
USA Perpignan 0
Bristol Bears 0
besig om te laai... Regstreeks
Netherlands 0
Argentina 1
besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 107/2
England 281/10
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 335/7
Cricket Australia XI 0
besig om te laai... Regstreeks
West Indies (w) 0
England (w) 148/4
besig om te laai... Regstreeks
Australia 511/7
West Indies 102/4
Rand - Dollar
17.36
-1.1%
Rand - Pond
21.30
-1.3%
Rand - Euro
18.31
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.81
-1.5%
Rand - Jen
0.13
-1.2%
Goud
1,799.02
+0.5%
Silwer
23.53
+2.0%
Palladium
1,962.00
+1.6%
Platinum
1,032.00
+2.2%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos