Dís wat demensie in vroue behels

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Musiek kan ’n persoon met demensie help, so laat hulle self ’n speellys skep.        Foto: ISTOCK
Musiek kan ’n persoon met demensie help, so laat hulle self ’n speellys skep. Foto: ISTOCK

Die voorkoms van demensie hou beslis verband met veroudering. Namate die groterwordende bevolking verouder, sal die persentasie mense wat gediagnoseer word met demensie ook toeneem.

Dr. Martin de Villiers, mediese direkteur van Medwell SA, gee meer insig hieroor.

Waarom is demensie meer algemeen onder vroue?

Tot dusver was die rede waarom vroue meer dikwels demensie kry onduidelik. Die klem op ouderdom as grootste oorsaak in die ontstaan van demensie is betekenisvol, veral as in ag geneem word dat die lewensverwagting van vroue gemiddeld sewe jaar meer is as dié van mans. Behalwe dat vroue ouer raak en meer dikwels demensie ontwikkel, het navorsing ook getoon dat die vroulike geslag meer geneig is om Alzheimer se siekte, wat die mees algemene vorm van demensie is, te ontwikkel.

Nuwe navorsing toon dat die verlies aan die vroulike hormoon estrogeen – die liggaam hou op om estrogeen te produseer wanneer menopouse rondom die ouderdom van 50 begin – verband hou met die verhoogde voorkoms van demensie in vroue. Daar is egter faktore wat bydra daartoe dat vroue meer geneig is om demensie te ontwikkel, insluitend genetiese faktore soos ’n familiegeskiedenis van demensie, vroue met depressie, suikersiekte, beroerte en skildkliersiekte. En onthou, leefstylfaktore soos die rook van sigarette, ongesonde dieet, oormatige gebruik van alkohol, gebrek aan gereelde oefening en te min intellektuele aktiwiteite het ook ’n impak op die verhoogde voorkoms van demensie.

Hoe kan demensie vir vroue meer draaglik gemaak word?

Voorkoming is natuurlik die belangrikste faktor en daarnaas die vroeë opsporing van demensie om ’n positiewe impak op die verloop van die siekte te hê. Die risikofaktore hierbo genoem moet dus vermy word. Verder moet gedrag en kognitiewe funksie geëvalueer word tydens jaarlikse ondersoeke. Indien demensie gediagnoseer is, moet die algemene gesondheidsfaktore wat demensie kan vererger in ag geneem word om die demensie te bestuur. Toestande wat simptome kan vererger, moet beperk word en algemene gesondheidstatus moet optimaal gekry word met leefstylveranderinge indien nodig. Sommige gevalle van intellektuele agteruitgang mag egter omkeerbaar en behandelbaar wees, byvoorbeeld die identifisering van ongediag­noseerde depressie of ’n tekort aan vitamien B12. As dit betyds behandel word, kan dit ’n positiewe uitkoms hê.

Watter soort programme is gewoonlik goed vir mense met demensie?

Sensoriese programme vir die stimulering van die sintuie – luister, sien, proe, ruik, voel – kan demensielyers help en hul lewensgehalte verbeter.

Musiek kan ’n groot rol speel om lewensgehalte te verbeter. Dit is belangrik om met die persoon self of andersins saam met die familie ’n lys op te stel van genres, sangers en groepe waarvan die persoon hou. Fokus spesifiek op musiek uit hul jong dae, van tiener tot jong volwassene. Maak seker dat twee speellyste opgestel word, een wat rustiger is en een wat meer lewendig is.

Bak brood. Om bestanddele uit te meet, te meng, te knie en die brood te bak, asook die geur van die varsgebakte brood en die eet daarvan is stimulerend. Onthou om die bakker te komplimenteer – dit beteken baie vir hulle.

Aktiwiteite waarin voorwerpe uitgeken en sorteer word. Kleur in, teken, ryg krale, kyk na programme oor klassieke of orkesmusiek. Gebruik ’n sensoriese kombersie om hulle aan verskillende teksture te laat vat, laat hulle ritse oop- en toerits, knope vasmaak, kleure uitken, handdoeke opvou. Dit is alles bekende take wat die sintuie stimuleer. Dit is eenvoudig, bekend en baie gerusstellend.


GEBORG

Medwell SA

Medwell SA het meer as 20 jaar se ondervinding en bied ’n wye verskeidenheid tuisversorgingsdienste aan. In September 2021 het die groep hul eie demensieprogram bekendgestel. Vir meer inligting, besoek gerus www.medwell.co.za

besig om te laai... Regstreeks
London Irish 17
Montpellier 6
besig om te laai... Regstreeks
Stade Francais 3
Benetton 6
besig om te laai... Regstreeks
USA Perpignan 0
Bristol Bears 14
besig om te laai... Regstreeks
Netherlands 0
Argentina 2
besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 107/2
England 281/10
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 335/7
Cricket Australia XI 0
besig om te laai... Regstreeks
West Indies (w) 0
England (w) 219/5
besig om te laai... Regstreeks
Australia 511/7
West Indies 102/4
Rand - Dollar
17.37
-1.1%
Rand - Pond
21.31
-1.4%
Rand - Euro
18.32
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.82
-1.6%
Rand - Jen
0.13
-1.3%
Goud
1,798.28
+0.5%
Silwer
23.50
+1.9%
Palladium
1,963.00
+1.7%
Platinum
1,029.50
+2.0%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos