Gehoorverlies: Sien jy goed genoeg om na jou ore?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jou gehoor het ’n direkte invloed op jou balans, daarom is dit baie belangrik om jou ore se gesondheid eerste te stel. Tasneem van Rooyen skryf oor algemene oorprobleme en die belangrikheid van gereelde toetse.

Daar word aanbeveel dat volwassenes minstens elke 10 jaar hul ore laat toets, na gelang van simptome. Foto’s: ISTOCK

Hoewel effense gehoorverlies ’n algemene probleem is, is dit moeilik om jou ’n dag sonder enige klank in te dink. As jy jou hele lewe lank nog perfek kon hoor, voel dit byna onmoontlik dat so iets met jou kan gebeur. Dit is egter belangrik om begrip te hê oor hoe sensitief jou gehoororgane eintlik is.

Hoekom is dit belangrik om na jou ore om te sien?

Mense is sosiale wesens en om te hoor is kritiek in ons vermoë om te kommunikeer, sê dr. Sharon Williams, ’n oor-, neus- en keelspesialis in Kaapstad.

“Ons moet die gesproke woord hoor, dit verstaan en interpreteer wat gesê word, sodat ons kan terugvoering gee of bydra tot ’n gesprek,” sê sy.

Wat is die tekens van gehoorverlies?

Lynelle Breytenbach, ’n oudioloog van die Oorinstituut in Bellville, sê jou simptome hang af van die oorsaak van jou gehoorverlies.

“ ’n Persoon met gehoorverlies mag dalk verskeie simptome ervaar. Sommige mense mag pyn of drukking in een of albei ore voel en ander kan ’n gesuis in die ore ervaar.”

Sy sê ook dat mense met gehoorverlies geneig is om te noem dat die besonderhede van gesprekke vaag of onduidelik word.

Volgens haar is deel van hul klagtes dat mense binnensmonds praat en dat hulle sukkel om te hoor in raserige omgewings, of waar meer as een persoon deel is van ’n gesprek.

“Mense met ernstige gehoorverlies onttrek hulle dikwels sosiaal, omdat hulle skaam is om familie en vriende herhaaldelik te vra om te herhaal wat hulle gesê het.

“Hulle kan dalk bang wees hulle verstaan ’n gesprek verkeerd en gee ontoepaslike antwoorde of sê iets wat hulle in die verleentheid gaan stel,” sê Lynelle.

Algemene ooraandoenings

’n Algemene oorsig van oorkwale kan voorkom in die drie dele van die oor die buiteoor, middeloor en binneoor, sê dr. Williams.

Die aandoenings is as volg:

  • Die buiteoor: Dit strek vanaf die sigbare buitenste gedeelte van die oor, af tot by die buis-struktuur en dan tot by die trommelvlies. Algemene probleme in hierdie deel van die oor sluit in die opbou van oorwas, velprobleme soos ekseem en aansteeklike siektes weens oorstokkies of die krap van die oor, wat dan infeksies oordra.
  •  Die middeloor: Die middeloor is die spasie agter die trommelvlies en sluit drie baie klein gehoorbeentjies asook die Eustachiaanse buis (oor-keel-buis) in. Algemene toestande van die middeloor sluit in kwale wat verband hou met wanfunksionering van die Eustachiaanse buis. Hierdie infeksies mag veroorsaak dat die trommelvlies skeur en ’n afskeiding afgee. Dit kan ook tot ernstiger toestande lei, byvoorbeeld akute agteroorbeenontsteking. Kroniese toestande sal dinge insluit soos cholesteatoom, wat die klein beentjies van gehoor beïnvloed.
  • Binneoor: Die binneoor lê in die digte been (die koglea) van die orgaan van gehoor en is intiem verwant aan die vestibulêre stelsel, wat jou balans bepaal.

Algemene toestande van hierdie orgaan van gehoor, sluit in afgeleide gehoorverlies en gehoorverlies as gevolg van ouderdom, wat bekend staan as presbikuse.

Wat is beskikbare behandelings vir hierdie toestande?

Volgens Lynelle kan mense wat gehoorverlies ervaar, begin deur ’n afspraak by ’n oudioloog te maak.

“Oudioloë beskik oor die nodige toerusting en kennis om die graad en soort gehoorverlies te identifiseer, sowel as om die nodige aanbevelings te maak,” sê sy.

Dr. Williams sê ook dat elke toestand van die oor verskillend hanteer sal word.

Sy sê saamgepakte was kan byvoorbeeld deeglik skoongemaak word onder ’n mikroskoop. “Oorontsteking sal gewoonlik ’n kortisoon-gebaseerde salf benodig en die oor moet droog gehou word.

“Om saamgepakte was sowel as infeksies in die buiteoor te vermy, moet jy nie oorstokkies gebruik nie, omdat dit die vel kan skraap en infeksies veroorsaak. As jou oor dus jeuk, moenie ’n oorstokkie of jou vinger gebruik nie.”

Sy sê ook herhalende middeloorinfeksie mag ’n dreineringsbuisie vereis, terwyl kroniese middeloorinfeksie gereelde chirurgie vereis.

Vir gehoorverlies as gevolg van skade aan die binne-oor, soos afgeleide gehoorverlies of gehoorverlies weens ouderdom, sal daar na gelang van die ernstigheid ’n gehoorapparaat nodig wees.

Daar is sekere toestande wat ’n meer gevorderde gehoorapparaat vereis, soos ’n spiraalvormige inplanting.

Onlangse verslae oor gehoorverlies en Covid-19

Volgens dr. Williams is gehoorverlies, oortuiting en duiseligheid as gevolg van Covid-19-infeksie aangemeld, maar die akademiese ondersoek van die verslae, met tydelike of permanente gehoorverlies en patofisiologie, is steeds in sy kinderskoene.

Hoe gereeld moet jy jou ore laat toets?

Volgens dr. Williams hang besoeke aan ’n oor-, neus en keelspesialis af van die simptome. “Moenie jou ore afskeep nie en gaan lê ’n besoek af so vroeg as wat jy kan.”

Lynelle sê ook dat hulle voorstel dat volwassenes (18 tot 50 jaar) hulle gehoor minstens elke 10 jaar laat toets, maar vanaf 50 is elke derde jaar die ideaal.

“As gehoorprobleme vroegtydig aangespreek word, verhoed dit dat die brein agteruit gaan in terme van die prosessering van klanke. As die brein nie voorsien word van klank nie, dan verloor hy die vermoë om woorde te verstaan,” sê sy.

Hoe help spraakterapie

Volgens Lynelle dink mense dat dit net kinders is wat voordeel trek uit spraakterapie, maar tieners en ouer mense kan ook baat daarby.

“Spraak- en taalterapeute kan mense help om ander faktore soos die klankomgewing in ag te neem. Hulle lei mense op in strategieë om beter te hoor in plekke waar hulle sukkel.”

Deur die probleemsituasie te identifiseer, optimaliseer hulle die voordele van die apparate vir die draers, sê sy.


GEBORG

NB Hearing

cl

Dit is ’n gebaar van liefde om vir jouself en jou naaste om te gee; ook om na jou gehoor en balans om te sien. Lewe met klank beteken verbinding verstandelik sowel as geestelik. ’n Stabiele lewe beteken onafhanklikheid, vir jouself en as ’n geskenk aan ander.Verbinding en stabiliteit help jou om jou beste lewe te lei sodat elke kosbare oomblik betekenisvol en vol vervulling is. Geniet hierdie reis met die hulp van NB Hearing.

Elrietha Olivier

cl

Gehoorverlies is dikwels ’n onsigbare verlies met gesprekke en klanke wat geleidelik moeiliker raak om te volg. Elke deel van die oor kan egter volledig getoets word. Daar is tegnologie om pasgebore babas, kinders en volwassenes volledig te toets. Elrietha Olivier glo dat jy die vrymoedigheid moet hê om jou gehoor deeglik te laat ondersoek, want hulp is beskikbaar vir verskillende grade en soorte gehoorverlies.Rehabilitasie is omvattend en sluit in gehoorapparate, mediese hulp, gehoorbeskerming, kogleêre inplantings, ouditiewe terapie, balansondersoeke, gebaretaal of om die gehoor te monitor. Laat toets jou gehoor vandag nog!

Carien de Jager Audiology

cl

Carien de Jager Audiology bied puik gehoordienste soos gehoortoetse vir babas, kinders en volwassenes, en verskaf ’n wye reeks van gehoorapparate en modelle. Hulle spesialiseer ook in die versiening en herstel van gehoorapparate. Daar is batterye beskikbaar en hulle bied ook geraasbeskerming en swemproppe. Hier word Covid-19-regulasies en sanitasie streng nagevolg. Besoek Carien de Jager Audiology by Russelstraat 30 in Worcester. Vir meer inligting skakel gerus 023 347 4176 of stuur e-pos na worcester.audio@gmail.com

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.0%
Rand - Euro
18.26
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos