Kim Syster oor baba-verlies: Dis nie net die ma’s se pyn, die pa’s kry ewe seer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kim Syster maak hart oop teenoor Kies die lewe se Ivor Swartz
Kim Syster maak hart oop teenoor Kies die lewe se Ivor Swartz

Sy het heeltyd gevoel of sy moes verduidelik, terwyl sy self te moeg was om oor haar trauma te praat, vertel die gewese Binnelanders-aktrise Kim Syster openhartig aan Kies die lewe-aanbieder, Ivor Swartz.

En dan is daar die ander ding: ’n Mens se kop raas wanneer jy sulke trauma en verlies moet probeer verwerk. Tog vergeet mense dat pa’s ook rou, ook met seer sukkel en ook ly. “Dis nie net vir ’n ma traumaties om ’n kind te verloor nie, en selfs al dink mense die stelling is waar dat mans nie huil nie, is dit glad nie waar nie. Mans kry ook seer, benadruk Kim. “En daar is soveel pa’s wat na my uitgereik het op sosiale media. Hulle het ook uitgesien om ’n gesin te hê. ’n Mens moet hul

pyn ook erken. Die ma dra die kind, maar albei ouers kry seer wanneer hulle ’n kind verloor.”

Dis alombekend dat sy in 2019 op 18 weke ’n miskraam gehad het en ’n jaar en ’n half daarna moes sy haar tweede swangerskap termineer op net 22 weke nadat sy ’n lewensbedreigende infeksie opgedoen het. “Ek weet ons storie is nie uniek nie. Daar is soveel ander wat daardeur gaan, maar soms voel ’n mens alleen wanneer jy in daardie seer vasgevang is.”

Sy erken dat sy nie self die besluit kon maak om haar tweede swangerskap te beëindig op versoek van haar dokter nie. “Die dokter moes mý red. Maar ek het nog hoop gehad dat alles sal regkom. En omdat hy nie ons albei kon red nie, moes hy ’n besluit namens my neem. Dit was traumaties. Ek as ma sou my kind se lewe bo enigiets wou kies.”

Die egpaar het besluit om saam deur hul rouproses te werk, om hul emosies met mekaar te deel, ’n rots te wees vir mekaar. “Ons het heeltyd opgecheck op mekaar en ons was daar vir mekaar, al die pad.” Die trauma van verlies het hul huwelik verdiep. “Maar daar was oomblikke wat dit moeilik gegaan het. Ons het soms te veel vir mekaar geraak, maar op die ou end was dit ’n geval van for better or worse. En in daai moeilike oomblikke het ek myself en opnuut ook my man leer ken. Ek is baie bevoorreg dat ons oop met mekaar kon wees.”

Met die eerste miskraam het sy verkies om nie professionele hulp te soek nie. “Daai tyd het ek gedink: Wat gaan ’n sielkundige vir my sê wat ek nie reeds weet nie? Hoe gaan ’n sielkundige in my skoene kan klim?” Maar na die tweede seer het sy boedel oorgegee. “Ek kon nie meer nie. Ek het my breekpunt bereik. Soms kon ek nie meer oopmaak selfs teenoor Chris nie. Ek het besef ek moet hulp kry van iemand wat objektief is. Ook my vriendinne was bekommerd, want ek het net nie meer daaroor gepraat met hulle nie.”

Haar ondersteuningsnetwerk was stil-stil daar vir haar. “Dit het so baie vir my beteken. Ek weet nie wat ek sonder my familie en vriendinne sou doen nie.”

Kim se vriendin en steunpilaar, Maylynn Fell, was saam met haar op skool en hulle ken mekaar al sedert hulle veertien jaar oud was. “Ons was saam opgewonde toe sy die eerste keer swanger word,” het Maylynn vir Ivor Swartz vertel. “Ons was in die Kaap en Kim was daardie tyd in Johannesburg. Vriendskap is die lifeline wat jou kan deurdra, sonder oordeel.”

Sy was bang vir die oordeel van ander, erken Kim. “Maar Maylynn laat my toe om te gesels daaroor – selfs vandag nog. Selfs al sit ons net in stilte daar. Dit beteken so baie dat sy net daar is. Aan my sy.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Australia 233/3
West Indies 0
besig om te laai... Regstreeks
Nepal 97/8
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Easterns 130/4
South Western Districts 0/0
besig om te laai... Regstreeks
KwaZulu-Natal Inland 113/1
Northern Cape 0
Rand - Dollar
17.18
-0.2%
Rand - Pond
20.92
+0.1%
Rand - Euro
18.04
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,782.71
-0.2%
Silwer
22.71
-0.1%
Palladium
1,857.50
+0.2%
Platinum
1,009.00
+0.3%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,000
+0.2%
Alle aandele
74,116
+0.1%
Hulpbronne 10
72,910
-0.4%
Industriële 25
91,365
+0.6%
Finansiële 15
15,602
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos