Kosmetiese tandheelkunde gee jou ’n rede om weer breed te glimlag!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kosmetiese behandeling laat jou glimlag en tande mooi en natuurlik lyk, en gee só jou selfbeeld ’n hupstoot.   Foto’s: ISTOCK
Kosmetiese behandeling laat jou glimlag en tande mooi en natuurlik lyk, en gee só jou selfbeeld ’n hupstoot. Foto’s: ISTOCK

Kosmetiese tandheelkundige prosedures raak deesdae al hoe meer gewild, want ’n mooi, breë glimlag is daarna gewaarborg.

Dr. Glenn Young, ’n tandarts van Brackenfell Dental, sê kosmetiese tandheelkunde is net een van die vele afdelings van tandheelkunde as praktyk.

“Dit fokus op die verbetering van die estetiese waarde van jou tande, terwyl die funksie daarvan behou of ook verbeter word.”

Volgens dr. Johann Lochner, ’n spesialis in tandvleis en inplantate, behels kosmetiese tandheelkunde behandelings wat die glimlag en tande mooi en natuurlik laat lyk. “Dit is geweldig belangrik vir ’n goeie selfbeeld.”

Hy sê vir die beste moontlike estetiese resultate moet die persoon se hele gesig evalueer word.

“Die glimlag is soos ’n mooi skildery. Die lippe is die raam van hierdie skildery. Die tandvleis, die tande se kleur en vorm, asook hul posisie binne die lipraamwerk, is die prentjie van hierdie skildery.

“Vir ’n mooi en kosmetiese uitkoms, moet al drie hierdie komponente aandag geniet en in harmonie wees.”

Dr. Young meen die doel van hierdie soort prosedures is dat funksie en langtermyngesondheid nooit benadeel moet word wanneer die algehele estetiese waarde van jou tande en glimlag verbeter word nie.

Hy noem ook dat die meeste algemene tandartse hierdie prosedures uitvoer. “Spreek jou plaaslike tandarts oor die verbetering van jou glimlag en voorkoms. Indien nodig, kan die tandarts jou na ’n spesialis verwys.”

Soorte kosmetiese tandheelkundige prosedures

Volgens dr. Young sluit kosmetiese tandheelkunde die volgende prosedures in:

• Krone – Die porseleinbedekking van die hele tand. Dit kan die vorm, grootte en kleur verander, met ander woorde, die voorkoms van die tand in geheel.

• Fineer – ’n Voorbedekking. Die porselein word net aan die voorkant van die tand vasgesit. Dit is minder indringend as ’n kroon, maar die toepassings van ’n fineer is meer beperk.

• Draadjies en belyning – Dit word gebruik om die natuurlike tande reg te trek tot in die verlangde posisie.

• Gingivektomie – ’n Prosedure waartydens oortollige tandvleisweefsel verwyder word om ’n meer simmetriese glimlag te skep sodat jou tandvleis nie jou glimlag oorheers nie.

• Bleiking – Bleikmiddel word op tande aangewend om dit witter te maak.

“Kosmetiese behandelings word opgebreek in prosedures om die tandvleis mooi en in harmonie te herstel. Dan is daar natuurlik die behandelings wat die tande self esteties verander,” verduidelik dr. Lochner.

Tandvleis

• Die kleur van tandvleis moet gesond en ligpienk wees. Hier is die verwydering van bakterieë en plaak deur ’n professionele persoon belangrik. Afhangend van elke individu se risikoprofiel, moet tande elke drie tot 12 maande skoongemaak word om gesonde tandvleis te verseker. Oortollige tandvleisgroeisels kan onooglik wees en moet verwyder word.

• Tande lyk soms “te kort” of “te klein”. Die twee moontlike redes hiervoor is die verlies aan tandstruktuur as gevolg van trauma of kners, waar die tande afgeslyt word, of te veel tandvleis wat oor die onderste gedeelte van die tandkrone lê.

• Tande lyk partykeer “te lank” as gevolg van verlore tandvleis, wat veroorsaak dat ’n groot deel van die tandkroon en tandwortel by die tandvleis uitsteek. Infeksie, verkeerde borseltegnieke en rookgewoontes kan tot hierdie verlies van tandvleis rondom tande lei.

• Die tandvleis se kontoer kan ook oneweredig wees.

Dr. Lochner sê kosmetiese behandeling om die regte hoeveelheid, kontoer en hoogte van tandvleis rondom tande te vestig, speel dus ’n geweldige groot rol. “Die korrekte hoogte en kontoer van die tandvleis word chirurgies herstel. Die opbou of verwydering van tandvleis en herkontoer-prosedures, soos benodig, word gebruik om die natuurlike harmonie van die tandvleis te herstel. Hierdie soort behandeling word uitgevoer deur ’n spesialis in mondgeneeskunde en periodonsie of ’n tandarts met die nodige ondervinding.”

Tande

• Vervanging van verlore tande op estetiese plekke, is natuurlik van uiterste belang. “Ons vervang hierdie tande deur middel van inplantate. ’n Inplantaat is ’n titaniumskroef wat die wortel van ’n verlore tand in die tandbeen vervang. ’n Kosmetiese porseleintand word dan bo-op hierdie skroef geplaas,” verduidelik dr. Lochner.

Hoe lank hou kosmetiese tandheelkundige prosedures?

Dr. Zelda-Lee Landsman van DentalWize in Durbanville, sê kosmetiese tandheelkunde bestaan uit verskeie prosedures wat bepaal hoe lank dit sal hou. “Die aard van die prosedure, toestand van die bestaande tandmateriaal sowel as die samewerking van die pasiënt, bepaal hoe lank dit kan hou. In die geval van tandbleiking kan dit wissel van ses maande tot ongeveer drie jaar, met die algemene termyn van een jaar.

“ ’n Fineer en kroon word ook as kosmeties beskou, waar die estese verander of verbeter kan word. In dié geval is dit ’n meer permanente prosedure. Die faktore wat die lewensduur beïnvloed, is onder meer nasorg deur die pasiënt, materiaal waaruit die produk gemaak word, asook oorblywende tandstruktuur. In sommige gevalle kan krone 15 jaar of langer hou.”

Sy sê vulsels se lewensduur word ook bepaal deur bogenoemde faktore, maar kan enigiets van ses maande tot 15 jaar in ideale gevalle hou.

Ná kosmetiese prosedures is dit voordelig om jou tandarts elke ses maande te besoek.

Voor- en nadele

Dr. Lochner noem die volgende lys voor- en nadele van hierdie soort prosedures:

Voordele

• Harmonie word herstel in jou glimlag.

• Jou selfbeeld kry ’n hupstoot en dit lei tot vele wonderlike psigologiese voordele vir jou.

• Jou tande kan hul funksie beter verrig: Indien jou tande en tandvleis in harmonie herstel word, is jou tande ook in die regte posisie en vorm vir ideale funksionering. Dit is hoekom dit harmonieus lyk, want die tande is die kleur, vorm en in die posisies waar hulle behoort te wees.

Nadele

• Ongemak gedurende tandheelkundige prosedures is vir baie pasiënte ’n groot afskrikmiddel. Die ongemak kan verminder word deur die gebruik van kalmerende middels voor lang afsprake en chirurgiese prosedures.

• Die koste van estetiese tandheelkundige prosedures is hoog.

• Dr. Young voeg by dat hierdie soort prosedures soms ook baie indringend vir die natuurlike tande kan wees.

Moet’s en moenie’s

Dr. Landsman gee ’n lys van dinge wat jy moet en nie moet doen nie wanneer jy so prosedure ondergaan het:

Moet’s

• Besoek jou tandarts elke ses maande om te verseker alles is nog in orde.

• Die sesmaandelikse besoek aan jou mondhigiënis is belangrik vir die langtermynsukses van kosmetiese prosedures.

• Goeie mondhigiëne is baie belangrik. Dit sluit vlos, tandeborsel en mondspoel in, asook die borsel van jou tong.

• Vervang jou tandeborsel ten minste elke ses maande.

• Drink gekleurde vloeistowwe deur ’n strooitjie om kontaktyd met die tande te verminder.

• Dra ’n bytplaatjie in die aande om onnodige spanning op die tande te help voorkom en die krone of fineer te beskerm.

Moenie’s

• Indien jy jou tande wil bleik, moet dit nie self probeer doen met oor-die-toonbank-produkte nie. Besoek eerder jou tandarts of mondhigiënis.

• Bly weg van voedsel en drankies wat jou tande gaan verkleur soos tee, koffie, wyn, blou- of swartbessies, ensovoorts.

• Moenie jou naels byt nie.

• Moenie jou tande gebruik om enigiets oop te maak of af te byt nie. Dit kan hulle breek.

• Jou tande moet saggies geborsel en nie “geskrop” word nie. Harde, aggressiewe borselmetodes kan lei tot beskadiging van sagte sowel as harde weefsel.

Gereelde sorg

“Alle tandheelkundige werk moet nagegaan en in stand gehou word. Dit is krities belangrik vir die langtermyn behoud van die pasiënt se belegging in hul estetiese tandheelkundige behandelings,” sê dr. Johann Lochner, ’n spesialis in tandvleis en inplantate.

“Dieselfde omgewingsfaktore wat voor behandeling gelei het tot onestetiese tandvleis en tande, kan veroorsaak dat die estetiese werk agteruitgaan indien jy nie gereeld jou tandarts besoek vir instandhouding nie. Jy sal ook die gewoontes wat jou tande benadeel het, moet staak soos rook of kosse eet wat te ryk aan suiker en suur is.”


GEBORG

Dr. Johann Lochner

Dr. Johann Lochner Incorporated

Dr. Johann Lochner Incorporated is ’n moderne spesialis-tandheelkundepraktyk in Somerset-Wes met ’n kalm en ontspanne atmosfeer. Hulle is toegewy aan die lewer van spesialisdienste wat insluit die plasing van tandheelkundige inplantate, die regenerasie en vergroting van verlore been en tandvleis, mondgeneeskunde, periodonsie (behandeling van tandvleissiekte) en mondhigiëniese dienste. Al hul behandelings is pasgemaak om aan elke individuele pasiënt se behoefte te voldoen. Hul doel is om bewysgebaseerde behandeling van die hoogste gehalte in al hul spesialisareas te verskaf. Die nuutste toerusting en tegnieke, asook die beste materiale word hier gebruik. Hulle streef daarna om gesonde, pragtige glimlagte met langtermynvoorspelbaarheid vir elke pasiënt te skep deur die mees geskikte behandeling in elke geval te gebruik.

JJS Dentistry

JJS Dentistry

JJS Dentistry is ’n luukse tandheelkundepraktyk in Kaapstad wat diens van wêreldgehalte verskaf, asook individuele behandelingsplanne wat pasiënte se behoeftes en doelwitte pas. By JJS Dentistry word die jongste tandheelkundige tegnologie en behandelings ingespan om pasiënte net die beste gehalte in tandheelkundige gesondheidsorg en noukeurigheid te bied. Dr. JJ Serfontein, is ’n passievolle en baie ervare tandarts wat spesialiseer in kosmetiese en algemene tandheelkunde. Hy was vir drie seisoene deel van Mooimaak, die TV-program wat deur Clare Wiese-Wentzel aangebied is. Oor dekades het dr. Serfontein ’n wye verskeidenheid pasiënte van regoor die wêreld behandel, en hy glo daaraan om die grense van tandheelkunde te verskuif en innoverende oplossings aan sy pasiënte te bied.

Dr. Christa Engelbracht Dental

Dr. Christa Engelbrecht

Dr. Christa Engelbrecht is ’n algemene estetiese tandarts met ’n passie om glimlagte van alle ouderdomme te verbeter. Sy gebruik digitale tegnologie by haar praktyk om haar pasiënte te help – van volledige rehabilitasie met tandheelkundige inplantings tot onsigbare belyning (aligners) om pragtige glimlagte te skep. Dr. Christa Engelbrecht glo daar is ’n oplossing vir elke glimlag ... en sak.

Vir meer inligting, soek hulle op Facebook of Instagram

besig om te laai... Regstreeks
Pakistan 107/2
England 281/10
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 335/7
Cricket Australia XI 0
besig om te laai... Regstreeks
West Indies (w) 0
England (w) 28/0
besig om te laai... Regstreeks
Australia 511/7
West Indies 102/4
Rand - Dollar
17.34
-1.0%
Rand - Pond
21.29
-1.3%
Rand - Euro
18.28
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.79
-1.4%
Rand - Jen
0.13
-1.1%
Goud
1,798.02
+0.5%
Silwer
23.51
+1.9%
Palladium
1,965.00
+1.8%
Platinum
1,030.50
+2.1%
Brent-ruolie
76.15
-1.3%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos