Natuurlike leefstyl raak gewilder onder gesondheidsbewustes

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gesonde kosse en oefening dra by tot ’n gesonde liggaam, gees en verstand. Foto’s: ISTOCK
Gesonde kosse en oefening dra by tot ’n gesonde liggaam, gees en verstand. Foto’s: ISTOCK

Goeie gesondheid is deesdae vir baie van ons ’n groter prioriteit en daarom oorweeg al hoe meer mense dit om ’n natuurlike leefstyl te volg.

Christo Lues, natuurgeneesheer en eienaar van Eirene Health Shop, sê ’n natuurlike leefstyl is daaglikse gewoontes wat ’n positiewe invloed op jou liggaam, siel en gees het.

“Dit sluit onder meer in, kritiese denke oor wat om jou aangaan, daaglikse inname van gesonde kossoorte wat die gewenste uitwerking op jou liggaam het, die regte oefening vir jou liggaamsbou en die gebruik van natuurlike aanvullings wat die tekorte aanvul in die gesonde kos wat jy daagliks inneem.”

Die uitwerking van ’n gejaagde korporatiewe lewe, lang ure in verkeer, besoedeling en ander stres van die moderne lewe, raak onhanteerbaar erg, meen Christo. “Jan Alleman word al hoe meer bewus daarvan dat om vir elke skeet dokter of hospitaal toe te hardloop, nie standhoudende langtermyngesondheid teweegbring nie. Die kort- en langtermyn-newe-effekte van chemiese medisyne, met astronomiese kostes vir die sak en liggaam, kom al hoe meer na vore. Dus word ’n natuurlike, gesonder leefstyl nou al hoe meer aantreklik.”

Dr. Liezl Voshol-Botha, ’n homeopaat van Tygerberg Multicare, glo die definisie van ’n natuurlike en gesonde leefstyl verskil van persoon tot persoon, maar soos Hippokrates gesê het: “Laat kos jou medisyne wees en medisyne jou kos.”

“Ons lewe ongelukkig in ’n tyd van ‘kitsoplossings’ en ‘onmiddellike bevrediging’, ons wil en moet nóú hê. Tyd is ’n groot vyand, so ons eet kitskosse, gefortifiseerde ontbytgraan en wegneemetes of iets wat maklik in die mikrogolf kan warm word om tyd te spaar. Ons toksiese lading is baie hoog – van omgewingsbesoedeling en sonbestraling tot preserveer-, kleur- en geurmiddels. Ons is elke dag blootgestel. Die lading op ons liggame raak te veel en veroorsaak inflammasie in ons liggame – dit kan dan weer lei tot verskeie siektetoestande. Die resultaat hiervan is ook sleg vir die omgewing (besoedeling, plastiek, bome wat afgekap word vir karton- en papierproduksie).

“ ’n Gesonde liggaam, siel en verstand word verkry deur gesonde kosse, oefening, rus (sielerus), diep asemhaling, tyd maak vir onsself en gesonde slaapgewoontes. Om buite in die natuur te wees en gesonde kosse te eet wat meer natuurlik en organies is, lei daartoe dat ons liggaam en omgewing gesonder en minder toksies is.”

Sy sê ons mediese navorsing raak al hoe meer gevorderd waar “pasgemaakte voeding” baie aandag geniet in terme van gene (hoe ons aanmekaar gesit is en hoe ons liggaamsprosesse werk – wat elke individu benodig in terme van die regte vitamiene of minerale, ensovoorts). “Ons kan dus ‘persoonlike aandag’ geniet deur te weet wat ons liggaam benodig om optimaal te funksioneer.”

Volgens Christo was ernstige infeksies wat daagliks mense se lewens geëis het, met die ontdekking van antibiotika deur Alexander Fleming in 1928, skielik iets van die verlede.

“Mettertyd is ander belangrike mediese ontdekkings gemaak, soos byvoorbeeld chemoterapie en bestraling vir die behandeling van kanker. Harte is oorgeplant, verstopte are kon oopgemaak word, en ’n pilletjie kan jou angs of depressie verlig. Die wonderkuur was hier – Eureka!

“Mense het al hoe meer op die gemaklike oplossings begin staatmaak, en al hoe minder aandag gegee aan die gehalte van die kos wat hulle daagliks eet. Mense kon nou langer ure werk, meer geld verdien, en het al hoe minder tyd bestee aan die gehalte en voorbereiding van voedsame maaltye. Meer geld het dit moontlik gemaak om kitskos te koop en as daar fout kom, het die dokter vir die oplossing gesorg. Die realiteit is dat die stygende toename van baie van vandag se moderne siektes nie ’n tekort aan ’n wonderkuur is nie, maar wel ’n tekort aan die noodsaaklike mikrovoedingstowwe in gehaltekos.”

Christo sê deur daagliks natuurlike kos en drankies in te neem, vul jy jou liggaam aan met hierdie lewensnoodsaaklike mikrovoedingstowwe.

Indien jou tuin groot genoeg is, plant tamaties of kruie. Sodoende kom jy ’n bietjie buite in die son en neem vitamien D in.

Voordele van ’n natuurlike leefstyl en produkte

“Hoe gesonder ons dieet en omgewing is, hoe gesonder raak elke liggaamsproses en -funksie, die lading op die omgewing is minder en ons begin “blom”. Dit is interessant om te voel hoe jy byvoorbeeld makliker onthou, lus voel vir die lewe, minder moeg is, gewig verloor en beter slaap wanneer jy die regte nutriënte in jou liggaam sit,” sê dr. Voshol-Botha.

Sy meen jou vel is ook ’n toonbeeld van hoe gesond jou liggaam funksioneer. “Ek vra altyd vir my pasiënte of hulle petrol in hul dieselmotor sal sit? Hulle is geskok deur my vraag, maar doen ons nie maar elke dag dieselfde aan ons liggaam nie? Ons eet daagliks ’n klomp kleurmiddels, geurmiddels, preserveermiddels en ‘vullers’, en verwag ons motor (liggaam) moet aanhou optimaal funksioneer. Ons toksiese lading het baie maal simptome wat ons as alledaags beskou, byvoorbeeld ’n klein bietjie vergeetagtig, tel ’n bietjie gewig op of sukkel om gewig te verloor, moegheid en slegte slaap – die lys gaan aan.

“Ons is ‘gewoond’ daaraan en skryf dit maklik toe aan goed soos spanning van die alledaagse lewe of finansies. Stop ons ooit om te dink dat ons liggaam ’n baie delikate masjien (‘motor’) is wat die regte ‘olie’ en ‘brandstof’ benodig? Ons gooi die beste brandstof in ons motor, maar verval in die gewoonte om gou by die naaste winkel ’n kitsmaaltyd te koop – veral middag- en aandetes. Dit is noodsaaklik dat jy die regte voeding aan jou liggaam verskaf, genoeg slaap en genoeg oefening doen.”

Dr. Voshol-Botha sê dit voel soos ’n groot taak as jy eers begin, maar beplanning is die sleutel tot sukses.

“As jy ’n halfuur uitsit om die week se etes te beplan en ook die maaltye vooruit te maak, byvoorbeeld op ’n naweek, is die tydlading vir die week minder. Om byvoorbeeld maalvleis van 500 g of 1 kg te braai, is dieselfde moeite. Jy spaar ook krag. Maak meer op een slag en vries die kos in porsies. “As jy een soort gereg maak, maak dubbel en vries die ander. So bou jy voorraad op van maaltye wat gereed is. As jy dan na jou beplanning vir die week se etes loer, weet jy om gou die oggend op pad werk toe die gevriesde kos uit te haal. Slaaie kan ook vir meer as een dag voorberei word. Stoor dit in lugdigte houers. Porsies kan byvoorbeeld vir middagete ook die aand voor die tyd uitgesit word, wat jy maklik op pad werk toe uit die yskas kan haal. Dit spaar ongelooflik kostes en is baie gesonder.

“Moet ook nie vasgevang word in ’n klomp souse en geurmiddels nie. Kyk na wat in die houer is en lees die etiket. As daar name en kodes is wat jy self nie weet wat dit is nie, los liewer – jou liggaam gaan jou bedank. Vars kruie (wat maklik in ’n potjie op die vensterbank of tuin kan groei) is meer smaaklik en goedkoper. As jy plek het, plant tamaties, kruie en slaai. Dit is lekker om bietjie in die grond te werk en die eindproduk te sien. Jy kom ook buite in die son wat goeie vitamien D is.”

Begin by ’n punt. “As een produk in die huis op is, vervang dit met iets wat meer natuurlik en gesonder is. Kyk na etikette en beplan die week se oefen-, eet- en rustyd vooruit. Let ook op die skoonmaakmiddels wat jy gebruik – daar is alternatiewe op die rak wat baie gesonder is vir jou liggaam en die natuur.”

Verskil tussen natuurlike en organiese produkte

Natuurlike produkte bevat geen mensgemaakte chemikalieë nie, waar organiese produkte steeds mensgemaakte chemikalieë kan bevat. Alle mensgemaakte chemikalieë is nie noodwendig sleg nie, sê Christo.

“ ’n Voorbeeld hiervan is askorbiensuur (vitamien C) wat by vars uitgedrukte sap gevoeg word om dit te preserveer. Die sap mag dalk 100% natuurlik verbou wees (geen goeie of slegte mensgemaakte chemiese middels is gebruik in die verbouingsproses nie), maar die oomblik as die askorbiensuur bygevoeg word, is die sap nie meer ‘natuurlik’ nie – dis nou net organies. Vitamien C word byvoorbeeld herken as ’n aanvaarbare byvoeging by ‘organiese’ produkte. Nog ’n voorbeeld van ’n goeie mensgemaakte chemikalie is koeksoda, wat gebruik word in gebak.

“Dus kry jy organiese produkte en natuurlike produkte, en natuurlik is die heel beste. Ongelukkig word die terme onakkuraat gebruik, en is die verbruiker dikwels onseker oor wat hy aankoop.”


GEBORG

Oh-lief

Oh-lief

Oh-lief se produkte bevat organiese olyfolie en byewas, gekombineer met die natuurlike eienskappe van ’n aantal ander organiese bestanddele om ’n volledige reeks te vorm wat ideaal is vir alle veltipes. Dit is ’n 100%- trots Suid-Afrikaanse handelsmerk, van die bestanddele, verpakking en vervaardigingsproses tot die dames wat saam met Christine Buchanan en Louiza Rademan werk.

Oh-lief se produkte is spesifiek geformuleer vir babas met sensitiewe vel en droë veltoestande soos ekseem. Dit is uiters sag op die vel en vry van chemikalieë. Hul reeks sluit onder meer in boudjie-, swangerskap- en buitelugsmeerroom, akwaroom en olyfbabasjampoe. Die produkte is beskikbaar by ohlief.com, Dischem, Baby City, Wellness Warehouse, Faithful to Nature en uitgesoekte baba- en geskenkwinkels.

Vir meer inligting, skakel 021 447 3538 of besoek www.ohlief.com.

Montagu-kruiefees

Montagu-kruiefees

Die Montagu-museum en “inheemse kruie” het oor die jare sinoniem met mekaar geword. Vanjaar vier hulle weer hierdie noue verband tydens die Montagu-kruiefees 2022 van 23 tot 25 September. Kom geniet lesings en gesprekke, werkswinkels en begeleide velduitstappies, en verlustig jou in botaniese kuns, ’n wye verskeidenheid kruieprodukte en spesiale kruie-items op plaaslike restaurante se spyskaarte. Bring die kinders saam – daar is hope pret vir hulle ook.

Vir meer inligting, skakel 082 411 0562 of stuur e-pos na Mherbfest@gmail.com.

Nature’s Pharmatropia

Natures Pharmatropia

Natuurlike geneesmiddels word al vir eeue wêreldwyd gebruik om verskeie siektesimptome sagkens en op ’n holistiese wyse aan te spreek.

Nature’s Pharmatropia Neuro Repair bevat sorgvuldig uitgesoekte bestanddele wat kan help met neuro-regenerasie, terwyl hul Sceletium ’n natuurlike gemoedsversterker is.

Vir meer inligting oor Nature’s Pharmatropia se natuurlike produkte, tree direk met hulle in verbinding sodat hulle saam met jou kan besluit wat die beste behandelingsopsie vir jou sal wees. Spreek altyd eers jou gekose gesondheidsorgpraktisyn voordat jy enige middels probeer.

Vir meer inligting oor Nature’s Pharmatropia se produkte, besoek gerus www.pharmatropia.com of stuur e-pos na nature@pharmatropia.com.

Rand - Dollar
17.18
-0.5%
Rand - Pond
20.52
+1.0%
Rand - Euro
17.75
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.42
+1.1%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,741.66
-0.9%
Silwer
20.95
-2.4%
Palladium
1,843.00
-0.7%
Platinum
991.50
+0.8%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,994
+0.4%
Alle aandele
73,368
+0.3%
Hulpbronne 10
70,795
-0.9%
Industriële 25
88,376
+1.2%
Finansiële 15
16,389
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos