Prostaatkanker is nie die einde van jou manlikheid

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die ondersoek vir ’n onverwante kwessie by sy algemene praktisyn het in November 2019 vir Mish Middelmann van Johannesburg geëindig in ’n diagnose van prostaatkanker.

Mish Middelmann is in 2019 met prostaatkanker gediagnoseer. Vandag deel hy graag sy verhaal met die wêreld.

“Ek was sterk, gesond en fiks en het nie veel van die ondersoek gedink nie. Ek het gedink dit moet sekerlik ’n fout wees, maar dit was toe wel prostaatkanker.”

Impak van die nuus

Die nuus het ’n tweesydige uitwerking op Mish gehad. Deur die dag was hy optimisties en het vir homself gesê dat dit dalk ’n fout is en hy daardeur sal kom, maak nie saak wat nie, maar in die nag was sy denke weer gevul met negatiwiteit.

“Deur die dag was ek gevul met dankbaarheid as gevolg van my familie wat my lief het, emosionele en geestelike hulpbronne en ook die praktiese hulpbronne.

“In die nag het alles weer tevergeefs gevoel. Dit het onbelangrik gevoel om fiks te bly, omdat ek kanker het. Dit het sinneloos gevoel om te soek na my vermiste ereksie, want die kanker gaan my sekslewe in elk geval beëindig, het ek gedink. Ek het ook gevoel dat dit onbenullig is om saans wakker te lê oor my kanker, want ek gaan in elk geval sterf,” onthou hy.

Aangesien albei denkwyses doodnormale reaksies is, het die diagnose self nie veel vir Mish gepla nie en sy dokter het hom aangeraai om sy vakansie te gaan geniet.

“Ek het besluit om in China te gaan vakansie hou en het die tyd van my lewe gehad. Ek het verwag dat ek heeltyd aan die kanker gaan dink, maar het die tyd daar benut en genoeg navorsing gedoen om dit beter te verstaan,” sê Mish.

Vroegtydige diagnose het sy lewe gered

Mish het seker gemaak dat hy baie navorsing doen oor prostaatkankertoetse.

“Ek was gelukkig genoeg om vroegtydig gediagnoseer te word, voordat dit versprei het.”

Volgens hom is dit die rede waarom hy aan sy dokter se deur gaan klop het met ’n groot “dankie”, ’n week na sy radikale prostatektomie-chirurgie.

“Dr. Lorraine Becker is die algemene praktisyn wat aangedring het dat ek na my prostaat moet laat kyk toe ek daardie onvergeetlike dag in haar spreekkamer was.

Mish sê as dit nie vir haar voorgevoel en spoedige optrede was nie, sou hy vandag miskien nog onbewus gewees het van sy toestand.

“Die kanker sou dan moontlik deur my hele liggaam versprei het. Sy het letterlik my lewe gered,” sê hy.

Om aktief te bly en omring te wees deur die natuur, het hom gehelp op sy reis na beterskap.

Erektiele disfunksie as gevolg van prostaatkanker

Na die kankerbehandeling het Mish al sy energie in sy fisieke vermoëns gestort. Dit het hom gehelp om sy manlikheid te herontdek.

“Ek was bly om weer in aksie te kon kom. Dit het gehelp om by die twee beloftes te hou wat ek voor die chirurgie aan myself gemaak het  dat my libido nie beperk is tot my seksualiteit nie en dat my manlikheid nie beperk is tot my libido nie,” vertel Mish.

Om buite in die natuur te wees het Mish baie gehelp met die herstelproses en ook die feit te vier dat hy na sy kankerbehandeling nog lewe.

Hy sê enige prostaatbehandeling het ’n impak op ’n man se geslagsdele. “Vir die meeste van ons is ons seksuele funksie vir maande of selfs jare belemmer. Die buitelewe het dus vir my geleer dat fisieke vermoëns na kanker nie beperk is tot seksualiteit nie.”

Hy het homself belowe om die lewe lief te hê en aan te hou om sy energie in die wêreld te stort, tot die beste van sy vermoë.

As behandeling vir erektiele disfunksie het hy die standaard behandeling genaamd Cialis ontvang, wat soos Viagra vir erektiele disfunksie voorgeskryf word.

Hoewel die medikasie help met bloedvloei, lei dit egter nie tot onmiddellike herstel nie.

Volgens hom moes die senuwees op ’n natuurlike manier herstel.

“Daar is wel baie wat jy kan doen met behandeling, soos fisioterapie en die inspuiting. Ek was meer gemaklik met fisioterapie.

“Fisioterapie, tesame met die Vacurect-vakuumapparaat, het gehelp om my gesond te hou.”

Raad aan ander

Om daaroor te praat is egter die heel beste terapie, glo Mish.

“Om met my vrou hieroor te kon praat was vir my die tweede belangrikste aspek van die herstelproses. Dit is belangrik om oop te wees oor wat aangaan en te onthou dat daar mense is wat wel omgee, soos jou familie, vriende of eggenoot.”

Vir diegene wat nie ’n eggenoot het nie, bestaan daar ook ondersteuningsgroepe waar jy na ander se stories kan luister, want selfs sy dokter het nie regtig geweet hoe om daaroor te praat nie, sê hy.

“My dokter was ’n fantastiese chirurg, maar dit is waar dit geëindig het.”

Om te praat en te deel is vir Mish so belangrik dat hy sy eie blog begin het om sy ervaringe en elke stap openlik met die wêreld te deel. Hy help vandag ander mans wat deur ’n soortgelyke situasie gaan.

Hy glo dat daar ’n geskenk is in alles wat hy ervaar het, en dit is om nuwe maniere van doen te vind.

“Om aan te pas is die sleutel. Dink aan die nuwe moontlikhede. Ek en my vrou het byvoorbeeld meer innoverend geword op seksuele gebied, daarom moedig ek mense, wat in dieselfde bootjie as ek is, aan om dit te sien as ’n geleentheid om nuwe dinge te probeer!”


GEBORG

Vacuhealth

Man sad after arguing with his girlfriend in the b

As jy ereksieprobleme het, is Vacuhealth die oplossing. Deur nie hulp vir erektiele disfunksie te soek nie, beskadig baie mans hul belangrikste verhouding. ’n Vakuumereksie-apparaat, soos die Vacurect, werk deurdat ’n vakuum in ’n silinder geskep word wat bloed na die are in die penis trek. Dit word beskou as ’n langtermynherstelproses

besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 173/4
Zimbabwe 302/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.43
-0.3%
Rand - Pond
20.95
+0.2%
Rand - Euro
17.52
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.08
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,817.33
-0.1%
Silwer
23.41
+1.7%
Palladium
1,913.50
+1.9%
Platinum
981.00
+0.5%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.8%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.3%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos